Nuuskommentaar: Staatsrede of staatskaping? Staan die regte/slegte SA nou op?

Pres. Cyril Ramaphosa rond sy staatsrede-toespraak af. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Slegs die mees subjektiewe optimis sal meen die opskrif van hierdie nuuskommentaar is alarmisties. Of liewer, onnodig alarmisties, want die kollektief van mediaverklarings, koerantberigte en hoofartikels dui daarop dat daar volop rede vir swaarmoedigheid is oor vandag se staatsrede. Dit is verder asof daar ’n soort mediaweerstandigheid is om veel bydraes van hierdie optimiste en aanhangers van die Ramaforie te dra, omdat daardie weergawe nog net te vaal vertoon teen die uitdagende “arogashule” wat oor die land spoel.

So byna stil-stil het oudpres. Jacob Zuma waarskynlik sy grootste oorwinning nog oor pres. Cyril Ramaphosa behaal. Hiervoor word die magtigste Zuma-kornuit, sekretaris-generaal Ace Magashule, ingespan.

Dit alles gebeur ’n dag voor wat as een van Ramaphosa se grootste oomblikke sou wees, naamlik die staatsrede.

Staatsredes wêreldwyd het in vergelyking met die demokrasie eintlik betreklik laat eers ontstaan, maar spoedig in belangrikheid en afwagting gegroei. ’n Staatsrede is veronderstel om ’n land se koers oor ’n wye spektrum terreine vir die volgende jaar of so uit te stippel. Een van die belangrikstes is die ekonomiese koers en dit verskaf aan beleggers, groot en klein, plaaslik en in die buiteland, iets om mee te werk.

Maar ’n regeringshoof moet eerstens eerlik wees, asook oor die de facto-gesag beskik om te verseker dit bly nie net leë woorde wat na hartelus ondergrawe en geïgnoreer kan word nie.

Of anders gestel, dit moenie net as vyeblaar dien om die werklikheid van wat werklik agter die skerms van staatskaping aangaan te verdoesel nie. En omdat staatskapingsaksies byna voor die voet onwettig en op ’n stropersmentaliteit afgestem is, is geheimhouding van die allergrootste belang.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

’n Politieke ontleder, prof. Steven Friedman, het ’n paar jaar gelede iets skokkends gesê wat sedertdien in feitlik elke noemenswaardige gebeurtenis geblyk het die waarheid te wees – selfs ’n skandaal van internasionale omvang word nie deur die ANC as skandaal ervaar nie.

Hoeveel keer moes verdwaasde Suid-Afrikaners nou al hoor hoe die prima facie-beginsel oorboord gegooi word om ’n duidelik korrupte kader toe te laat om ongehinderd ANC-poste, en selfs poste elders, te beklee omdat iemand onskuldig is tot hy in ’n bevoegde hof skuldig bevind is. Intussen word alles in die vermoë gedoen om te keer dat sulke sake voor ’n “bevoegde hof” beland, en bevindings van dissiplinêre komitees en ander instellings word eenvoudig onder die mat ingevee.

Dink maar aan die ontsettende stryd van Lara Swart in haar teisteringsklagtes teen ’n voormalige ambassadeur, Norman Mashabane. Die destydse minister van buitelandse sake, Nkosasana Dlamini-Zuma, het eenvoudig die skuldigbevinding deur ’n departementele dissiplinêre komitee tersyde gestel. Die saak is hof toe, en nog ’n klag van iemand anders het gevolg, waarna Mashabane eers herontplooi is.

Die Seriti-kommissie van ondersoek blyk die oupa van alle toesmeerpogings van kaders te wees.

Dat Magashule hierdie kaderbeskerming tot elke prys nou besonder knap benut oftewel uitgebuit het om die parlement te kaap – juis deur van die bekendste Zuma-kornuite skoon te was – lyk na die meesterlike inspan van die “beginsel” dat skandale deur die ANC nie as skandale ervaar word nie.

Nou het van die belangrikste parlementêre portefeuljekomitees voorsitters wat reeds duidelik gediskrediteer is.

Met watter magsvertoon moet Ramaphosa nie vandag met sy staatsrede vorendag kom om enige geloofwaardigheid met haas enigiets te verwerf nie?

Ace Magashule (Foto: ANA)

’n Tipiese voorbeeld van magsvertoon sou wees as dit bevestigde nuus kan wees dat Magashule in hegtenis geneem is. En dalk sommer ’n paar ander ook. Daar was sedert verlede week sterk en geloofwaardige gerugte in omloop dat Magashule op die punt van inhegtenisneming staan.

Politieke partye, landbou-organisasies, burgerlike bewegings en ander het groot verwagtinge (hoewel dikwels openlik skepties) oor wat Ramaphosa vandag gaan sê. Internasionale graderingsagentskappe hou die asem op. Ongelukkig vir Ramaphosa en die Ramaforie-aanhangers gaan Ramaphosa nie net beoordeel word op die regte dinge wat hy nou gaan sê, en wat hy reeds vermag het sedert hy by Zuma oorgeneem het nie, maar ook sy brouwerk tot dusver.

Veral die landbousektor het versugtinge dat hul sleutelbelangrike sektor beveilig moet word – nie net met sekuriteite soos eiendomsreg nie, maar ook fisieke veiligheid teenoor byvoorbeeld plaasaanvalle. ’n Slaprug-benadering hieroor stuur eenvoudig die verkeerde boodskap aan voornemende plaasaanvallers uit. Selfs mense wat onwettig in die land is, kry soms die boodskap plaasaanvalle word heimlik deur die regering gesteun, of iets soortgelyks.

Maklik gaan dit nie vir Ramaphosa wees om ’n beeld van gesag op te tower nie. TLU SA sê hy verwag nog ’n toespraak van geykte retoriek. Agri SA meen die staatsrede gaan ’n waterskeiding of skipbreuk oplewer. Die Vryheidsfront Plus voel Ramaphosa moet nou duidelikheid verskaf oor die regering se pad vorentoe. Netwerk24 meen die aankondiging van verskeie gediskrediteerde LP’s as voorsitters van staande komitees kon nie op ’n slegter tyd vir Ramaphosa gekom het nie.

Ramaphosa het konsekwentheid beloof, en dat hy ’n president vir alle Suid-Afrikaners sal wees. Die Zindzi Mandela-voorval bied ’n ideale geleentheid om ewehandigheid te bewys, hoewel die stilswye hieroor reeds begin baard kry het. Maar gestel nou die voet was effe aan die ander skoen, met ’n wit SA ambassadeur wat swart mense in die Wes-Kaap onwelkome besoekers noem en sê hulle het die gasvryheid waarmee hulle ontvang is, nou al heeltemal te lank uitgebuit? En verder bloot die rasseterme wat Mandela ingespan het rasgewys omkeer?

Sou daar nog so ’n relatiewe stilswye van Ramaphosa en regeringskringe wees soos nou die geval is?

Nie as ’n mens aan die polemiek dink wat ontbrand het toe die DA na die swart aankomelinge uit veral die ANC-beheerde Oos-Kaap as ekonomiese vlugtelinge verwys het nie. Die DA moes dadelik om verskoning vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Thinus ·

Die Zuma kriminele faksie het Ramaposa ore aangesit en sy swakheid as goeie leier uitgewys ten nadeel van die land. Gaan hy stilbly soos altyd of sy staal wys… Ek twyfel sterk. Daar gaan SA weer in ‘n verdere afgrond in te danke aan’ n steeds korrupte ANC regering.

Gert ·

Zindzi is waarskynlik nou in lyn vir die presidentspos na haar twiets.

Gert van Wierdapark ·

Herman slaan die spyker loodreg op die kop met sy opsomming. Die Poker-speler in die kamp van
JZ, vriend ACE van die OVS, het VREDE met kommissies van onder en bo-soek, negatiewe skrywes en boeke oor hom. Hul doel is om by CR oor te neem, kom wat wil!! Nou of later, tyd is nie vir hul n fak-tor nie. Ramaphosa se tyd om n Haas uit die hoed te haal, eindig finaal vanaand!! Indien hy NIKS gaan se of doen aan die haglike situasie in SA, (danksy hul teksboek Kakistokrasie), word die afdraende net al hoe steiler en donker der. Die tyd vir volgens die reels speel vir CR is verby. Dis nou of NOOIT – anders is ons in ons HEELTEMAL in ons Mo-r in!!!

Natan ·

Die totale demokratiese bestel in Suid Afrika is ‘n bedrog spul en ver van ware demokrasie verwyder. Aristoteles het daarop gewys dat demokrasie en politieke ampsdraers hul moet toespits op die verbetering van die moraal en etiek van die land en sy burgers, asook om die land se welvaart te dien. Hierdie definisie word verkrag deur die ANC/EFF. Ons het maar ‘n diktatorskap van die massas.

Petrus ·

Ramaphosa het die ANC se top verkiesing net-net gewen. Die krake begin nou wys.

Wielspore ·

Hierdie berig kon net sowel verlede week geskryf gewees het, niks nuut, herhaling van negatiewe inligting wat al oud en droog soos biltong is.
Ek weet biltong is lekker, maar as daar alreeds daaraan gekou is, nie vir my, dankie.

Vraagteken ·

Stem 100% saam met jou. Hy sê baie en niks op dieselfde tyd.

skurweberg ·

Moeilike situasie. Die president moet se wat hy moet se, al kos dit dat daar KRYGSWET afgekondig moet word.

Swannie ·

Ramaphosa is maar net `n marionet waarvan die toutjies deur die ANC se Top – 6 getrek en beheer word.
As hy nie doen soos beveel word nie, word hy eenvoudig net teruggeroep soos al sy voorgangers.

n Ware staatspresident sal hy nooit wees nie.

Andreas ·

Al stuiwer wat ek in die armbeurs te gooi het, eintlik drie, is 1) ons weet SEB gaan nie verander nie, 2) kom ons kyk wat hy oor pensioenfondse gaan sê en 3) as hy sy uitsprake oor grond, wat hy seker vir twee jaar wyd en syd loop verkondig het en sy stilswye oor landbouveilgiheid/plaasmoorde moet verander, dus ‘n 180grade ommekeer maak, betekend dit hy sal sy eie uitsprake en optrede van tot paar weke gelede nog moet repudieer. As hy dit gaan doen sal mens sien hoe hy daarom gaan trippel.

Andreas ·

O ja, en hy gaan niks doen om rassespanning te verlig nie, nie hy of sy ministers nie.

Dirk ·

JZ was staatskaping fase 1 en CR is staatskaping fase 2. Dit kan mos nie so moeilik wees om te verstaan nie. Die rooi ligte wat al hoe sterker flikker dui op die ANC se strategiese misleidingsplan vir verdere kaderselfverryking ten koste van belastingbetalers, pensioenarisse en beleggers.

Hendrik ·

Die magspeletjies is besig om S.A te kelder op alle vlakke. Die algemene publiek is slagoffer van die gekose magsmeerderheid in die parlement. DIt is duidelik al het ons die fluitjieblasers (VF+, DA , ..) in die parlement dat die ANC nog meer radiakale dinge gaan doen om te verhoed dat hul kiesers wegsuipel na die EFF in die volgende plaaslike en nasionale verkiesings. Dit is duidelik dat uit die wit gelede dat ons niks meer glo nie en niks meer kan doen om omgeruimthede deur die burgerregtegroepe in die hof aan die kaak te stel. Die manne begin nou om rugstyf (Steve en ander) te maak. Genoeg is genoeg! Se maar net. #OnsBlyLekker #BoereVoordeel #Kleinfontein

Andreas ·

Herman, Cyril het toe nie sy ‘dragon geslay’ nie!

Die monster was te groot vir hom!

Tourist ·

Firstly I would like to say,any one that thinks CR is the President must think again!
Ace is the controlling factor here! The state is still captured,CR is just a puppet!

Secondly,in view of Mandela’s daughters Tweets,if I,as a white South African is on holiday in Denmark and experience the urgent need for help, from the ambassador,what treatment will I receive from this person that is so obviously filled with hate and disrespect towards me as a white person!
Think I will make sure not to visit Denmark!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.