Tekenprent: Brexit en die EU-verkiesing

Die verkiesing van lede van die Europese Parlement het oor die afgelope paar dae tot angs, opgewondenheid en onsekerheid in Europa aanleiding gegee. Die nuutgestigte Europa van Vryheid en Nasies het 58 setels gekry. Dié alliansie het sterk na vore gekom te danke aan die groot sukses van die Franse Rassemblement National van Marine le Pen, die Italiaanse Lega van Matteo Salvini en die nuutgestigte Britse Brexitparty van Nigel Farage.

Wanneer Brittanje egter die EU verlaat, gaan die Alliansie van Vryheid en Nasies ’n wesenlike deel deur die Brexit-party verloor.

Daar bestaan ook ongemak met die idee van ’n al hoe groter, al hoe nouer Europese Unie wat al hoe meer in state se sake inmeng. Nogtans het die partye wat almal “meer Europa” op hul vaandels geskryf het, nog steeds ’n meerderheid en sal die stryd oor die tempo en rigting van die EU verwoed voortgesit word. Indien daar geen kompromisse gevind kan word nie, sal die Brexit ʼn voorbeeld ook vir ander lande kan word.

Lees meer oor die EU-verkiesing op Maroela Media.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.