‘n Nuwe storm word teen Woensdag oor die Amerikaanse ooskus verwag, en sal na verwagting oor New York en New Jersey beweeg.
Hoewel die nuwe storm nie lewensbedreigend is nie, wys die goewerneur van New York, Andrew Cuomo , daarop dat die gebied ná die storm Sandy nie normaal is nie. Die nuwe storm kan stukke materiaal wat deur Sandy losgebreek is skep en rondgooi. Daar word dus selfs oorweeg om betyds mense te begin ontruim.