ʼn Strik-kamera het ʼn olifant in die Knysna-woud afgeneem, het SANParke Donderdag gesê.
“Daar is foto’s van die olifant, wie se tande, slurp en bene duidelik gesien kan word,” het Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van SANParke, gesê. “Dit is egter nie moontlik om te sien of dit ʼn koei of ʼn bul is nie en die
voorkopvorm en oorpatrone is ook nie duidelik genoeg om uit te ken nie.” Sy sê dit is noemenswaardig, aangesien die Knysna-woud een van die min woude oor is waar olifante in hul natuurlike omgewing aangetref kan
word.
Die olifant is op 6 November afgeneem, maar die foto is eers Donderdag afgelaai. Die kamera is deur die Landmark-stigting in die Knysna-woud opgestel om luiperdnavorsing te doen.
Amazing!!!!!ons het die Knysna bos in 2012 saam met veldwagter gery en gesien hoe hekke omgestamp is hoe WONDERLIK om die OU GROTE nou te SIEN!!!!!
Ek het die voorreg gehad om die Outeniqua staproete te stap gedurende Julie 2013 en wat ‘n fees sou dit nie gewees het om ‘n olifant te kon ervaar nie!!!!