Die Sunday Tribune berig dat ʼn voormalige polisieman die R50 000 boete betaal het wat deur die Gelykheidshof aan ANC-jeugliga president Julius Malema opgelê is nadat hy skuldig bevind is aan haatspraak.
Die boete is vroeër die week in People Opposing Women Abuse (Powa) se Standard Bank-rekening inbetaal, 15 maande na die uitspraak. Die bank moet volgens wetgewing enige deposito’s bo R25 000 aan die Finansiële Intelligensie Sentrum verklaar. Volgens die depositostrokie was die geld aan Powa in R100 note betaal en was die strokie geteken deur “Steven”. Die Star het die man as Stephens Msiza geïdentifiseer, ʼn voormalige polisieman van Pretoria. Volgens ʼn bron werk Msiza nou as ʼn lyfwag vir Malema. Msiza werk glo vir SGL Engineering. Malema is verlede jaar as ʼn direkteur van die maatskappy gelys. Intussen berig die Sunday Times dat ‘n sakeman Malema R1,2 miljoen betaal het. Volgens die berig het Steve Bosch se maatskappy Sizani Build glo namens Malema geld in ‘n rekening betaal wat aan die argitek behoort wat Malema se luukse huis in Sandton bou. Bosch is glo miljoene rande se tenders toegeken.
Die mense in die land is so korrup dat ons nie meer n president moet he nie maar n “GODFATHER”