Die dodetal op die Suid-Afrikaanse paaie het nou 1 200 bereik.
“1 207 mense is in 1 006 ongelukke sedert die begin van Desember dood,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) Maandagmiddag gesê. “Geen groot noodlottige ongelukke is in die afgelope 96 ure aangemeld nie.”