Mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe het R12 miljoen aan Kaapstad geskenk vir die stryd teen armoede en werkloosheid.
Motsepe het glo gesê hy skenk R6 miljoen elk aan Khayelitsha en Mitchells Plain om forums in die Motsepe-familienaam te vestig, berig SowetanLIVE. “Die forums sal deur die gemeenskap gevestig word en sal as ‘n voertuig dien om jong entrepreneurs, die jeug, godsdienstige instellings en, die belangrikste, kinders deur opvoeding by te staan,” het Motsepe Dinsdag in Khayelitsha gesê. Hy sê die geld moet binne ‘n jaar spandeer word en in iets winsgewend belê word. “Dit moenie in ‘n bank gelos word terwyl mense sonder werk sit nie.”
Die gemeenskappe sal glo ondersteuning van die banke en die departement van handel en nywerheid ontvang.
Motsepe het vroeër onderneem om die helfte van sy familie se persoonlike rykdom aan liefdadigheid te skenk. Hy sal binne die volgende drie tot vyf jaar glo R500 miljoen skenk.
Dis voorwaar ‘n lofwaardige gebaar van Motsepe wie nie bekende beletsels van bedrog of korrupsie op sy naam het nie. Hy is aktief betrokke by welbekende Suid-Afrikaanse sakeondernemings waarin hy ‘n groot rol speel.
Hoop sy voorbeeld word raakgesien deur veral die agtergebelewenes in Suid-Afrika
Goeiewerk!! Ek hoop dit word voordelig vir almal daar gebruik!!
HY MAG WEL NIE VERBIND WORD MET BEDROG NIE MAAR HY IS NOG STEEDS N BAIE BELANGRIKE FINANSIEDER VAN DIE ANC. HIERDIE IS N PUBLISITEITS FOEFIE VIR STEUN VIR DIE ANC. HY KON DIT IN ENIGE ANDER ANC STERKPUNT GEDOEN HET.