Pippie veilig oorgeplaas

Foto: Facebook

Pippie Kruger het applous van personeel, skare en die media gekry toe sy Woensdag op ʼn hospitaalbedjie uit die Garden City-hospitaal gestoot is.

Sy is omstreeks 09:30 ontslaan en na ʼn rehabilitasie-hospitaal oorgeplaas. Pippie (3) het in Junie ‘n veloorplantingoperasie ondergaan nadat sy derdegraadse-brandwonde oor sowat 80% van haar lyfie opgedoen het. ‘n Bottel met vuuraansteekgel het ontplof toe haar pa Oujaarsaand wou braai. Dokters het haar aanvanklik sowat ‘n 10% kans op oorlewing gegee. Haar liesvel is in ‘n laboratorium in Boston, Amerika gekloon en hierheen teruggevlieg. Sy is Woensdag deur Netcare911 personeel na ʼn rehabilitasie-hospitaal in Aucklandpark vervoer.

Volgens Jeffrey Wicks, Netcare911 se woordvoerder, het Kenneth O’Connor, ‘n gevorderde lewensondersteuningparamedikus, haar die heeltyd bygestaan en haar toestand gemonitor.

Pippie, tesame met haar ma, Anice, en pa, Erwin, het omstreeks 10:30 veilig by die hospitaal aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.