Plaasaanval in Ladysmith, KwaZulu-Natal

ʼn Bejaarde paartjie is op hul plaas in Ladysmith, KwaZulu-Natal, aangeval, het die polisie Maandag gesê.

Kaptein Thulane Zwane sê die 79-jarige boer en sy vrou (76) is deur vier mans aangeval en het die aanval oorleef, berig IOL. Beide word in ʼn plaaslike hospitaal behandel. Zwane sê drie vuurwapens is gesteel. Die landbou-unie, TLU-SA, sê dit is die 53ste plaasaanval sedert die begin van die jaar. Henk de Graaf, woordvoerder, sê dit is hoog tyd dat sulke tipe aanvalle prioriteit geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.