Die bekende pianis Christa Steyn is Maandagaand na ʼn lang stryd met kanker oorlede.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Junie 2012
Hond se halsband lei tot man se dood
ʼn 47-jarige man van Port Elizabeth is dood ná sy geliefde hond se leiband tot ʼn fratsongeluk gelei het.
Namibiese vrou met kokaïene gevang
ʼn 31-jarige vrou van Namibië is Maandag by die Kaapstadse Internasionale Lughawe met 1,3 kg kokaïen betrap.
Plaasaanval in Ladysmith, KwaZulu-Natal
ʼn Bejaarde paartjie is op hul plaas in Ladysmith, KwaZulu-Natal, aangeval, het die polisie Maandag gesê.
Verdagte van 13-jaaroue moord weerlê belydenis
Die vermeende skrywer van ʼn brief wat moontlik ʼn belydenis is op ʼn moord wat 13 jaar gelede plaasgevind het, Carrington Lawton, ontken dat die dokument ʼn belydenis is.
Polisie-reservis verkrag glo hawelose
ʼn Polisiereservis van Belville het Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy glo ʼn hawelose man verkrag het.
Mans vrygespreek van beskuldigings dat hulle laserlig in vlieëniers se oë skyn
Die beskuldigdes in die Bloemfonteinse laserlig-saak is Maandaggend in die stad se landdroshof vrygespreek.
Winternag
O koud is die windjie en skraal…
Steve se verjaardagboodskap aan Mimi, skerts sy sou ‘bid vir pouse’
Mimi Coerste vier Dinsdag haar 80ste verjaardag. Lees Steve Hofmeyr se spesiale verjaardagboodskap aan haar…
Maklike Melkkos
Heerlike melkkos vir ‘n reënerige en bewolkte dag of selfs ‘n yskoue wintersdag.
E-tol: AfriForum hou regstappe terug ná minister kennisgewing onttrek
AfriForum gaan sy voorgenome regsaksie oor die heffing van ʼn sogenaamde straftarief uitstel.
DA loop weer vir jeugloonsubsidie
DA-ondersteuners het Maandag ‘n betoging in Pietermaritzburg gehou om aan te dring op die onmiddellike instelling van ʼn jeugloonsubsidie.
25 brande in KwaZulu-Natal bekamp
Veldbrande wat oor die naweek in Kwa Zulu-Natal uitgebreek het, is Maandag onder beheer gebring.
Aurora-werkers: Voedselhulp gaan staak
Die welsynsorganisasie Gift of the Givers het bekendgemaak dat hulle hul voedselhulp aan meer as 700 myners van Aurora in Orkney gaan staak.
Roxette braak gal oor O.R. Tambo-lughawe
Roxette hou dalk baie van Suid-Afrika, maar hulle is glad nie beïndruk met diens by die O.R. Tambo- lughawe nie, ná hulle oor die naweek 90min moes omdat hul vlug vertraag was.
Ses mans roof Spar, skiet twee
ʼn Spar-bestuurder is Sondagaand tydens ʼn gewapende rooftog by die Jukskei Park Spar, Randburg, doodgeskiet.
Nooddienste neem aksie na nog ʼn brand
Die Gautengse Nooddienste gaan Maandag ‘n brandvoorkomingsveldtog van stapel stuur om mense in veral informele nedersettings bewus te maak van die gevare van kerse en paraffienstofies.
Zuma nog stil oor Cele
Nog geen amptelike aankondiging is oor die lot van Bheke Cele, geskorste polisiekommissaris, gemaak nie.
Van Kings Park tot Roland Garros
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se sport.
Christelike vakansiedae onder die loep
Christelike vakansiedae in Suid-Afrika gaan binnekort op hoë vlakke bespreek word ná klagtes ontvang is dat dié dae teen ander gelowe diskrimineer.