Christa Steyn oorlede

Sien ook Huldeblyke stroom in vir Christa Steyn

Christa Steyn Foto: Huisgenoot

Die bekroonde pianis Christa Steyn is Maandagaand na ʼn lang stryd met kanker oorlede.

Lydia Winchester, agent vir talle musikante in Suid-Afrika het bevestig dat Steyn omstreeks 20:00 na ʼn lang lyding by haar huis in Pretoria gesterf het. “Sy is nou in veilige hande,” het Winchester gesê. “Sy was een van ons land se beste pianiste.” Steyn is in Junie 2011 met kanker gediagnoseer. Sy sou op 15 Junie haar 54ste verjaarsdag gevier het.

Christa se chemoterapie is onlangs gestop na kanker deur haar hele lyf versprei het en sy was vir die laaste ruk bedlêend. Haar twee kinders, Douw Steyn en Madeleen Grobler, was aan haar sy.

“Koebaai my Musiekengel. Gaan jou so mis,” was die woorde waarmee die kabaretsanger, Willie Strauss, sy vriendin gegroet het. Talle huldeblyke stroom tans in op sosiale netwerke.

Steyn het gereeld saam met Jannie du Toit op die verhoog verskyn en was ʼn geliefde kunstenaar onder veral Afrikaanssprekendes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
engemi ferreira

My geliefde mens vol sterre, son en vreugde, jy wat jou seer so goed kon wegsteek. Ek wil vir jou somer bring, die wind, die see – want aan stilte sal jy nou genoeg hê; hoe kort was die tye saam met jou, maar hoe intens. Natuurlik sal ek jou mis, nes ek jou gemis het in die lang tye wat ons mekaar nie gesien het nie. Maar jy sal altyd naby my wees in die musiek wat jy agtergelaat het. Dankie vir jou lewe en die wyse waarop jy daardeur aan myne geraak het en my verruim het. Dankie… Lees meer »