Polisie van die Noordweste het Sondag hul veroordeling teen ʼn reeks verkragtings oor die afgelope agt dae in dié provinsie uitgespreek.
Altesaam nege klagtes van verkragtings is van 5 tot 12 Mei by die polisie aangemeld.
“Dit het nou ʼn skokkende neiging geword. In menige geval het die verdagtes hul eie weerlose minderjariges geviktimiseer,” het brigadier Thulane Ngubane gesê.
“Die wat hulself aan hierdie misdade skuldig maak sal met gereg te doen kry,” het hy gewaarsku.
– Sapa