Polisie ondersoek ‘okkulte-verwante’ moorde

Die polisie in Gauteng ondersoek vier moorde wat glo met okkulte en ʼn beweerde godsdienstige bediening verband hou.

Die Saturday Star berig dat drie van die oorledenes betrokke was by Overcomers Through Christ (OTC), ʼn bediening wat onder meer met voormalige sataniste werk. Michaela Valentine (25) is vroeër die maand met ʼn mes in haar huis aan die Wes-Rand doodgesteek. Natacha Burger (31) en haar buurvrou, Joyce Boonzaaier (68) se liggame is in Julie in Burger se woonstel in Centurion gevind. Boonzaaier was glo nie by OTC betrokke nie. Past. Reg Bendixen is in Augustus in sy huis in Honeydew, Johannesburg vermoor. Ria Grunewald, stigter van OTC, sê sy en ander lede van die bediening kry doodsdreigemente. “Ek het boodskappe ontvang dat nog mense wat my lesing bywoon, doodgemaak sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.