Polisie red baba uit brandende woning

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

ʼn Baba van twee maande oud is danksy die flinke optrede van die polisie Saterdag uit ʼn brandende woning in Kimberley in die Noord-Kaap gered.

Die baba se ma het aan die polisie bevestig dat haar kêrel hul kind met geweld by haar weggeneem het, hul albei in die woning toegesluit en gedreig het dat hy die woning gaan afbrand.

Die polisie het met geweld toegang tot die woning gekry en die baba veilig uitgebring.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van poging tot moord en sal na verwagting Maandag in die Hanover-landdroshof verskyn.

Die polisiebeamptes word deur genl.maj. Luntu Ngubelanga, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, geloof vir hul heldhaftigheid om die ma en baba van ʼn tragiese lot te red.

Die polisie ondersoek die motief agter hierdie voorval en sal meedoënloos wees om te verseker dat geregtigheid geskied vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.