Die Vrystaatse polisie het Vrydag ʼn beroep gedoen op ooggetuies wat moontlik op 2 November ʼn ongeluk, wat die lewens van drie mense geëis het, naby Kimberley sien gebeur het.
Lt.kol. Annelie Wrensch sê die ongeluk het omstreeks 02:30 op die Nelson Mandela-brug in die rigting van Kimberley plaasgevind.
“ʼn Wit BMW en ʼn silwer Opel Astra was in die botsing betrokke. Al die insittendes in die Astra, twee mans en ʼn vrou, is dood. Die bestuurder van die BMW het geringe beserings opgedoen,” het Wrensch gesê.
Enigiemand met meer inligting oor die ongeluk, word versoek om a.o. Anton Bowman by 082 468 1624 of 051 507 6000 te skakel. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.