ʼn Polisiebeampte van Sasolburg is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 34-jarige gay man aangeval het by ʼn kitskos-eetplek by ʼn vulstasie in Bloemfontein.
OFM berig dat sers. Christoffel Neuhoff (37) in die Bloemfonteinse-landdroshof verskyn het en op borgtog van R500 vrygelaat is. Hy moet weer op 20 Maart in die hof verskyn. Volgens die berig het Neuhoff glo op 1 Maart Neil Sonnekus en sy broer Eben aangerand terwyl hulle saam met Neil se lewensmaat vir hulle kos gewag het by die kitskos-eetplek. Neil het ʼn week in die Pelonomi-hospitaal deurgebring nadat hy glo ʼn skedelfraktuur en bloeding op die brein opgedoen het. Daar word glo vermoed dat Eben aangeval is omdat hy gay is. Volgens die berig is Neuhoff geïdentifiseer as die verdagte nadat die polisie beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras nagegaan het.
Bron: OFM