R83 miljoen vir skool, maar gʼn leerders

Mayibuye Primary School in Tembisa is nog steeds nie voltooi nie

Vordering by die Mayibuye Laerskool. (Foto: Gautengse portefeuljekomitee oor infrastruktuur)

Sedert bouwerk in 2017 begin het, is R83 miljoen tot dusver aan die Mayibuye Primary School bestee. Die skool het egter steeds nie ʼn enkele leerder nie.

Die Gautengse provinsiale regering se portefeuljekomitee oor infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur het die skool in Tembisa vandeesweek besoek om self te bepaal wat die stand van sake is. Bones Modise, komiteevoorsitter, het by navraag bevestig die skool is steeds nie reg om sy deure te open nie.

Die grootste struikelblok is ʼn rioollekkasie, sê Modise.

“Ons kan nie ʼn skool open met rioolvuil wat permanent op die terrein lê nie. Dit is net nie higiënies nie en hou ʼn gesondheidsgevaar vir ons leerders in,” sê Modise.

Die komitee sal nou die Johannesburgse metroraad oor die probleem nader. “Hulle moet sorg dat die rioolaansluiting geskuif word,” sê Modise.

Maroela Media het voorheen berig oor die skool wat veronderstel was om in 2017 reeds in gebruik geneem te word. Destyds het dit geblyk dit het die provinsie sowat R82 miljoen gekos om die skool te bou.

Mayibuye Primary School in Tembisa is nog steeds nie voltooi nie

Van die klaskamers by die Mayibuye Laerskool se vloere was nog onvoltooid.
(Foto: Gautengse portefeuljekomitee oor infrastruktuur)

Tydens die oorsigbesoek het hope bakstene nog op die perseel rondgelê. Daar was kaste en meubels in sommige van die klaskamers, terwyl die vloere van ander nog nie eens voltooi is nie.

Sommige van die klaskamers se plafonne het ook uitgehang.

Kommer omdat die skool glo op ʼn vleiland gebou is, is vroeër al geopper. Die komitee het vantevore ʼn bevinding gemaak dat die skool ʼn gevaar vir leerders en onderwysers inhou aangesien die vleiland moontlik die struktuur kan verswak en tot ʼn ineenstorting kan lei.

ʼn Nuwe kontrakteur is intussen aangestel en was volgens Modise besig om die “laaste werk af te handel”.

“Tydens ons besoek was die kontrakteur aan diens en besig om die finale take af te handel,” sê Modise.

Die grootste kommer nou is die rioolvuil op die skoolgrond.

“As ons dit gepak het, kan ons weer vir ʼn okkupasiesertifikaat aansoek doen,” sê hy.

Mayibuye Primary School in Tembisa is nog steeds nie voltooi nie

So het van die klaskamers binne gelyk.
(Foto: Gautengse portefeuljekomitee oor infrastruktuur)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hannes ·

Dit klink omtrend soos nog ‘n ANC suksess verhaal. Is nie bevoeg om nuwe skole te bou nie, maar wil die sê he oor ons skole.

Kaboesie ·

anc is nie bevoeg om enige iets te bou of te onderhou nie.
Kan net stell en afbreek.
Maar regeer ons land,(al is dit in die grond in.)

Casper ·

Wie was die L U R vir onderwys gedurende daardie tyd.Hoekom is daar nie vooraf inspeksie gedoen om te bepaal of die perseel geskik is vir bouwerk nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geoloë, ingenieurs en argitekte was verseker daar. Maar geld het die finale sê.

Adrie ·

6 jaar om ‘n riool krisis uit te sorteer…….. ek is sprakeloos…….

Alex ·

Jy kon 2 skole met daai geld gebou het binne n jaar. Almal word ryk en niks kom klaar nie

Andre ·

…die kaders moet eers klaar eet. Daar is nog beamptes wat moet beurt kry by díe trog!

Sebastiaan ·

Riool wat lek sonder dat daar kinders is wat toilette gebruik?

007 ·

Lesufi was die man aan die stuur gedurende daardie tyd. Hoekom kom hy niks oor nie?

hpven ·

Die fotos in ag geneem het ten minste R60M in diep sakke en rusbanke verdwyn.
Rioolvuil is landswyd ‘n algemene gesig en probleem onder onder ANC bewind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.