Rooiwyn, of te wel die stof resveratrol wat in rooiwyn teenwoordig is, help glo teen gehoorverlies.
Navorsers aan die Henry Ford-hospitaal in Detroit het toetse met rotte gedoen. ‘n Aantal rotte is ‘n ruk lank aan ‘n groot geraas blootgestel. Dié wat met resveratrol behandel is, het minder gehoor- en kognitiewe skade opgedoen.
Die bevindings is in die joernaal, Otolaryngology-Head and Neck Surgery, gepubliseer.
Die studie het hoegenaamd nie na ander aansprake oor die voordele van rooiwyn, soos dat dit teen hartsiektes, kanker en demensie help, gekyk nie.