ʼn Ryloper wat ʼn man beroof en vermoor het ná hy ʼn rygeleentheid aangebied is, is in die Upington-hooggeregshof tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.
Kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, het Maandag gesê Budiki Semho (31) is gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Matswe Lokailwe. Hy is ʼn verdere 12 jaar tronkstraf opgelê omdat hy Lokailwe se voertuig gesteel het.
Die vonnisse gaan gelyktydig uitgedien word.
Lokailwe het Semho verlede jaar op die N14-pad opgelaai. Lokailwe was besig om Semho se bagasie uit die kattebak te haal, toe Semho hom met ʼn wielsleutel oor die kop geslaan het. Lokailwe is daarna met ʼn T-hemp versmoor, en sy liggaam langs ʼn grondpad gestort.
Lokailwe is in Kuruman in hegtenis geneem waar hy Semho se voertuig as ʼn taxi gebruik het.