Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 20 Mei en wat ons Dinsdag, 21 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Mei 2013
Mercedes-staking verby
Stakende werkers by die Mercedes-Benz-aanleg in Oos-Londen sal na verwagting Dinsdag terugkeer werk toe.
Beseerdes was van skool vir spesiale behoeftes
Die 46 kinders wat Maandagoggend in ‘n busongeluk in Pietermaritzburg beseer is, was van ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes.
Geen wedlope vir Oscar
Oscar Pistorius sal nie dié seisoen aan wedrenne deelneem nie, het sy agent Maandag, weke voor die Paralimpiese atleet weer in die hof moet verskyn, gesê.
Katolieke Kerk teen e-tol
Die Katolieke Kerk het homself Maandag teen die omstrede e-tolprojek in Gauteng uitgespreek.
Foto’s: Kranslegging gedenk 30 jaar ná Kerkstraat-bom
AfriForum Jeug het Maandag in Pretoria se middestad ʼn kranslegging en ’n minuut van stilte gehou vir alle burgerlikes wat tussen 1980 en 1994 in ANC-terreuraanvalle gesterf het.
Fietsry ten bate van die Teaterbystandsfonds
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gaan van 2 tot 6 Junie die fietswiele laat sing ten bate van die Teaterbystandsfonds.
Gru-botsing naby Witbank eis vier
Drie kinders, ʼn swanger vrou en haar ongebore baba is dood en twee mense beseer nadat ʼn vragmotor Maandagaand naby Witbank teen hul voertuig gebots het.
Ryloper kry 22 jaar vir moord
ʼn Ryloper wat ʼn man beroof en vermoor het ná hy ʼn rygeleentheid aangebied is, is in die Upington-hooggeregshof tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.
Afrikaanse kunstenaars wat televisieprogramme aangebied het
‘n Hele aantal kunstenaars het hulself as aanbieders in die televisiewêreld bekwaam. Daantjie Dinamiet lys ‘n paar kunstenaars wat dit reggekry het.
Nog ʼn ‘smokkelaar’ by Beitbrug-grenspos aangekeer
Kort nadat die polisie ʼn 36-jarige man in hegtenis geneem het nadat hy glo kokaïne ter waarde van R18 miljoen oor die Beitbrug-grenspos probeer smokkel het, is nog ʼn vermeende smokkelaar daar aangekeer.
Aktrise se dood eers maand later bekendgemaak
Die nuus oor die dood van die 86-jarige Christine White is pas bekendgemaak, nadat sy reeds op 14 April in ‘n tehuis vir bejaardes in Washington DC in Amerika oorlede is.
Skryf teen more in by Gautengse skole, of onderwerp jou kind aan onderwysdepartement se oordeel, sê AfriForum
AfriForum het die ouers van kinders wat vir 2014 in Gautengse laer- en hoërskole ingeskryf moet word, dringend daaraan herinner dat die inskrywings op 21 Mei sluit.
“Sielsieke” moor glo oor lawaai
ʼn 47-jarige man van Noordwes, wat vermoedelik geestelikversteurd is, is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man, wat te veel lawaai gemaak het, met ʼn byl doodgekap het.
Groen lig vir windplaas
Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het aan Eskom die groen lig gegee vir sy Sere-windplaas in die Wes-Kaap.
Vlaag tornado’s saai dood en verwoesting in Amerika
Een persoon is dood en talle beseer toe ‘n vlaag van minstens 19 tornado’s verskeie Amerikaanse deelstate getref het.
Polisieman glo deur taxibestuurder aangerand oor boete
ʼn Taxibestuurder is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte, wat vir hom ʼn boete uitgereik het, aangerand het.
Betogers blok N2-hoofweg
ʼn Gedeelte van die N2-hoofweg in Kaapstad moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers oor swak dienslewering die pad versper het.
Fietsrykampioen tydens wedren beseer
Shaun Ward, ʼn 27-jarige fietsrykampioen van Potchefstroom, is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag tydens ʼn wedren op sy kop geval het.
Dogters dagvaar Madiba
Oudpres. Nelson Mandela se dogters gaan hom glo dagvaar vir die regte tot sy kunswerke en om sy geldsake te beheer.