ʼn 10-jarige seun het ernstige beserings opgedoen nadat hy met kookwater gebrand het in Lydenburg, Mpumalanga.
“Paramedici is Woensdagoggend omstreeks 10:30 na ʼn dokter se spreekkamer in Lydenburg ontbied,” het Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die dokters en paramedici het na die seun omgesien wat met kookwater gebrand het. Hy was in erge pyn en het medikasie daarvoor ontvang.”
Volgens Dollman is Netcare 911 se helikopter ontbied weens die erns van die seun se beserings en omdat hy spesialisbehandeling benodig het. “Hy is na ʼn gespesialiseerde brandwondeenheid vir kinders in Johannesburg geneem.”
Die pad voor die dokter se spreekkamer is gesluit om ʼn veilige landingsone te verseker.
Fantastiese samewerking. Hoe gouer mense met brandwonde gehelp word hoe beter die uitkoms.
Welgedaan aan die paramedici – veral die dokter wat op sy voete kan dink en onmiddelik spesialis behandeling in JHB asook `n helikopter kon motiveer en reel vir die afvoer van die pasient.