ʼn 10-jarige is ernstig beseer toe sy met kookwater by ʼn huis in Wyebank naby Kloof in Durban, KwaZulu-Natal, gebrand het.
“Dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die water, wat op die stoof gekook het, het op haar gespat.”
Sy het ernstige beserings opgedoen en paramedici het haar eers op die toneel gestabiliseer voordat hulle haar na ʼn hospitaal in Durban geneem het vir verdere behandeling.
Ag genade. Ongelukke gebeur so gou en onverwags. Ek onthou ek was in gr 1 toe dieselfde met my gebeur het. Tot vandag onthou ek steeds die eina en die verskrikking van die velle wat so van my lyfie gestroop word. Dankie Liewe Jesus vir my ma se liefdevolle sorg en dat daar destyds ‘n produk soos Acromyte op die mark was. Ek het nooit ‘n enkele letsel oorgehou nie. Poplap, ek bid uit my hart vir jou, vir dieselfde liefde en genesing.