10-jarige sterf ná honde hom aanval

Anitarylaan in Gelvandale (Foto: Google Earth)

ʼn 10-jarige seun van Gelvandale in Gqeberha (Port Elizabeth) is Maandagmiddag dood ná die gesin se twee pitbullterriërs hom aangeval het.

Polisiewoordvoerder kol. Priscilla Naidu sê die polisie is omstreeks 13:15 na die toneel ontbied. “Albei honde is in die huis doodgeskiet. Storm Nuku [die ma] en twee ander kinders was saam met die honde in die huis toe die voorval gebeur het.”

Die seun het op die toneel in Anitarylaan aan sy beserings beswyk.

Dit is nog nie bekend wat aanleiding gegee het tot die aanval nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Dit hang baie af van hoe honde grootgemaak is en hoe hulle hanteer word

piet ·

Ja nee wat. Hulle lyk sommer na moeilikheid as jy net na hulle kyk.

Kensy ·

Honde is soos kinders.
Hulle is n produk van hulle omstandighede!

Kensy ·

Die groot prentjie is onbekend.
Honde is n produk van hulle omstandighede.
Ongelukkig is almal nie kundig genoeg om die diere te hanteer of om gevaartekens te herken nie.
Was hierdie die eerste teken van agressie/frustrasie?
I think not!
Hoe dit ook al sy – ek is baie jammer dat dit gebeur het!
Sterkte aan almal wat daardeur geraak word.

Christine ·

Ek sien my vriendin se pitbull weeg ons op elke keer dat ons daar kuier. Dis uiterste onvoorspelbare honde, mens weet net nie wat hulle gaan trigger nie, en dis asof die honde net nie besef dis my eienaar, of die kindjie in my huishouding nie…. Iets snap in daai brein en daar is geen keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.