100 000 mislukte oproepe na Oos-Londen-nooddienste

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Scott Rodgerson)

Meer as 100 000 noodoproepe van mense in Oos-Londen na die polisie het oor die afgelope drie jaar onbeantwoord gebly, selfs al het dié sentrum geen personeeltekorte nie. Dit kan volgens die provinsiale regering daaraan toegeskryf word dat die 10111-inbelsentrum gedurig kragonderbrekings ervaar.

Die inligting is Dinsdag deur die DA in ʼn verklaring onthul nadat die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Oos-Kaap, Xolile Nqatha, antwoorde op parlementêre vrae deur dié party verskaf het.

“Die 10111-nommer is vir enige noodgeval wat reaksie van die polisie vereis. Dis gʼn wonder dat mense vertroue in die polisie verloor om hulle in tye van nood by te staan nie. Hul oproepe word dan nie eens beantwoord nie,” het Bobby Stevenson, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, gesê.

Nqatha het bevestig dat altesaam 107 938 noodoproepe nie oor die afgelope drie boekjare beantwoord is nie, hoewel die sentrum oorbeman is.

Luidens Nqatha se terugvoer is 47 517 oproepe in die 2020-’21-boekjaar nooit beantwoord nie, 44 600 oproepe in 2021-’22 en 15 821 oproepe in 2022-’23.

Die mislukte oproepe (dropped calls) word toegeskryf aan probleme met die UPS-toestel – ʼn bron wat nieonderbreekbare krag voorsien. Dít lei dan tot verskeie telefoonprobleme en word ook deur beurtkrag vererger, al het die sentrum na bewering drie reserwe-kragopwekkers wat almal in ʼn werkende toestand is.

Volgens Nqatha was die sentrum ook al verskeie kere gesluit vir Covid-19-ontsmettingsdoeleindes.

“Toe gevra is hoe die departement klagtes hanteer, het LUR Nqatha gesê daar was geen amptelike geskrewe klagtes oor onbeantwoorde oproepe nie.

“Die LUR het ook gesê hoewel die blitspatrollie wat met die Oos-Londen-10111-sentrum verbind is, oorbeman is, is die K9-eenheid ernstig onderbeman, met ʼn tekort aan voertuie,” sê Stevenson.

Daar is glo ook geen Wi-Fi by die sentrum nie, en die migrasie na ʼn nuwe radiostelsel, wat al in 2009 begin het, sal eers in die 2026-’27-boekjaar in werking wees.

Stevenson sê dit is onaanvaarbaar dat mense in krisistye aan hul eie genade oorgelaat word, en dat daar geboet moet word vir die wanfunksionering van 10111-sentrums.

“Individue wat deur vrees en gevaar in die gesig gestaar word, kan nie in noodgevalle vir die wolwe gegooi word nie. Die versuim om oproepe te beantwoord kan moontlik lewensgevaarlik wees vir mense wat die teikens van misdadigers is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lily ·

Ja nee kyk, daar moet ‘n rede wees waarom die oproepe nie beantwoord is nie, beurtkrag, Covid, van lyn af, stelselprobleme. Alles kry die skuld. Die werklike rede sal ons maar oor swyg, want ons weet almal wat dit is.

Pietertjie ·

Dood het altyd ‘n oorsaak, en enige verskoning sal doen.

Sandra ·

Soos die engelse se “been there, done that”. 10111 is die mees stresvolste nommer om te bel, as hulle die dag antwoord. Ipv dat hulle jou op jou gemak moet sit, deur eerstens die foon te antwoord, stres hulle jou verder uit deur nie reg te luister nie, en te vra waar is die persoon se lyk, nadat jy vir hulle gese het dat jou helper omgery is, en Goddank ongedeerd is.

Patch ·

Dit is nie net in Oos-Londen die geval nie maar by alle 1011 krisissentrums. Heeltemal onbevoeg.

Shakespeare ·

Die hele spul is useless en verwoestend gebore. Die res van Afrika bewys dit onteenseglik. Bewys my verkeerd en ek sal omverskoning vra…….jy kan nie want die bewyse van verwoesting is prominent en onweerlegbaar.

Niklaas ·

“Onderhoud”. Die term verskyn nie te gereeld in Kaders se woordeskat nie , so wat is die gevolg ? Daar is bitter min toerusting in staats besit wat vlot werk deesdae.

Francois ·

Want ons smul so lekker aan die KFC……en of ek die telefoon antwoord of nie, ek kry mos my pay aan die einde van die maand…..

Cabous like braai ·

Maar my belastingeld is goed genoeg om te betaal vir dienste wat nooit gelewer word nie

Ranie ·

So pateties, en so maklik om die bal vir iemand anders te gooi. As jy in Lime Acres 10111 bel, kom jy in Hopetown uit, hoe werk dit??? Dis baie ver uitmekaar uit.

Blikkies ·

Hulle praat absolute onsin. Hulle antwoord nie as hulle nie lus is om te werk nie. Dit is ook onopgeleide klerke wat daar sit en slegs n reference nr vir jou gee as bewys jy het gebel, As hulle die dag n foon antwoord. Nog n SAPS mislukking.

Swerwer ·

Dood het altyd ‘n oorsaak. Cele speel kapokhaantjie wat die sogenaamde SAP betref maar bewys net elke dag meer en meer sy onkunde in leierskap en bestuursvernuf.

Maritza ·

Ek dink meer dis onbekwaamde personeel as enige iets anders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.