11-jarige verdrink in Valsbaai

Argieffoto: NSRI, Facebook

Argieffoto: NSRI, Facebook

ʼn 11-jarige seun het Sondag by Mnandi-strand in Valsbaai verdrink.

Heinrich van der Rhede, adjunkstasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Strandfontein, het gesê reddingspersoneel is omstreeks 14:00 na die strand ontbied.

Volgens Van der Rhede is die 11-jarige seun se liggaam uit die water gehaal en is hy op die toneel dood verklaar. Die seun het glo saam met vriende geswem toe hy deur ʼn sleurstroom meegevoer is. Die seun is glo van Philippi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.