11-jarige vermis

Tiyiselani Nokuthula Rikhotso. Dié foto is ‘n paar jaar gelede geneem. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo is op soek na ’n 11-jarige meisie wat oor die naweek as vermis in die omgewing van Giyani aangemeld is.

Tiyiselani Nokuthula Rikhotso van Dengeza buite Giyani het Sondag van haar ouerhuis verdwyn. Daar is sedertdien geen spoor van haar nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring Tiyiselani het ’n pienk T-hemp en ʼn grys rompie aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand met inligting rakende Tiyiselani se verdwyning of waar sy haar moontlik bevind, word versoek om speursers. Manganyi by 082 729 0351 of die Misdaadstopnommer by 0860010111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Dit moet n baie ou foto wees, want die meisie in foto lyk nie n dag ouer as 6 jaar nie. Sterkte aan die ouers en hoop hulle vind haar vinnig. Ontstellend hoe baie jong kinders net verdwyn.

NetM ·

Die vieslikste pandemie wat ons huidiglik het. Los ons kinders uit!

Mia ·

Ek hoop hulle vind haar veilig. My hart breek vir daardie mamma, veral as jy self ‘n mamma van twee klein dogtertjies is. Mag die Here haar beskerm en bewaar.

Kobus ·

Wil voorstel dat ons ministers voor hulle met groot bekke op TV verklaar dat hulle die gesinne van kinders wat gemollesteer, verkrag en vermoor is self die misdaad tonele besoek, self na die lykies gaan kyk, self bietjie in die hospitaal langs so ‘n kind se bed sit en deurgaan wat ouers deurgaan.Maar nee, solank hulle met bravade stappe en hulp aankondig ly die kindertjies dag na dag. Die menseregte aktiviste is verbasend stil maar as ons gewone burgers vir die doodstraf vra dan reageer hulle vinnig met statistieke en die regte wat kriminele het. Walglik

Elize ·

100% saam met jou Kobus. Hulle is net bek en verder sal hulle ook nie in hierdie lewe gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.