11 verdagtes vasgetrek ná skietery  

Foto: SAPD

Die polisie in Gauteng het 11 verdagtes vasgetrek en op meer as 160 patrone en ses ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Die inhegtenisnemings volg na ʼn moord en twee pogings tot moord Sondag in Ekurhuleni, het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Daar word beweer dat ʼn bende gewapende mans Sondag in Katlehong op vier mans losgebrand het waar hulle langs ʼn Toyota Conquest gestaan het. Een van die mans is noodlottig gewond en twee is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas. Die ander man kon daarin slaag om ongedeerd te vlug.”

Volgens Masondo het ʼn Ekurhuleni-polisiebeampte die gewapende mans van die toneel sien vlug en hulle agternagesit. Hy het een van die verdagtes aangekeer.

Foto: SAPD

“Nog polisiebeamptes is ontbied en ʼn tweede verdagte is gewaar. Hy het op die polisiebeamptes losgebrand en hulle het teruggeskiet. Die verdagte is gewond en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Daar is ook op ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê.”

Die polisie se soektog na die ander verdagtes het hulle Maandag na die Nguni-hostel in Vosloorus gelei. “Nege mans is in een van die kamers aangetref en hulle is deur die polisie ondersoek. Daar is op vyf ongelisensieerde vuurwapens en 160 patrone vir onder meer AK47-aanvalsgewere en 9 mm-pistole beslag gelê.”

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Verdere ondersoek sal bepaal of die verdagtes met ander ernstige en gewelddadige misdade in die area verbind kan word. Die vuurwapens sal ook ballistiese toetse ondergaan om te bepaal of dit in die uitvoer van misdade gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ekke Dink ·

“You live by the sword, you die by the sword.”
Hemel behoede ons.
Stel 1 miljoen polisie beamptes aan, lei hulle op om goeie polisiemanne te wees.
Klap 2 vliee met een klap. Werk geskep, misdaad onder beheer.

Ekke droom ·

Dit is die moeilikste taak wat jy aan hulle kan voorstel.

Skuweberg ·

Hoeveel is asielsoekers, geagte minister van buitelandse sake?

Gert van Wierdapark ·

Kan hul nie dalk verbind word met die koelbloedige moord op die jong paartjie wie se bakkie sonder petrol gaan staan het nie??

LK ·

Ek wil net graag vra die onwettige vuurwapens is dit regtig gesteel of is dit van die vuurwapens wat destyds ingehandig moes word??????? want regtig waar kom alles dan vandaan so uit die bloute reên dit vuurwapens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.