12-jarige gered wat onder bakkie vasgekeer was

Die bakkie waaronder die 12-jarige op 26 Desember 2014 vasgekeer was op die R28 naby Westonaria Foto: ER24

Die bakkie waaronder die 12-jarige op 26 Desember 2014 vasgekeer was op die R28 naby Westonaria Foto: ER24

ʼn 12-jarige meisie is gered nadat sy onder ʼn bakkie vasgekeer was nadat die voertuig op die R28 naby Westonaria gerol het.

“Die meisie was van haar middel af onder die bakkie vasgekeer,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Sy was in ʼn ernstige toestand en het verskeie beserings opgedoen.”

Die plaaslike brandweer het spesiale toerusting gebruik om die voertuig eers te stabiliseer en dit toe opgelig.

Die meisie se 51-jarige oupa en nog ʼn meisie was in die voertuig vasgekeer. “Die oupa het aan paramedici gesê hy wou vir ʼn stilstaande voertuig uitswaai toe hy beheer verloor het oor die bakkie,” het Vermaak bygevoeg.

Die 12-jarige is met ʼn helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem en die ander twee is ook na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hulle is in ʼn stabiele toestand.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.