Die raadgewende paneel wat pres. Cyril Ramaphosa aangestel het om geskikte kandidate te identifiseer vir die amp van nasionale direkteur van die direktoraat van openbare vervolging (DOV) het ʼn kortlys van 12 kandidate saamgestel met wie onderhoude volgende week gevoer sal word.
Jeff Radebe, minister van energie, is die voorsitter van dié paneel van verteenwoordigers uit die regswese en met die mandaat om potensiële kandidate uit te wys, te bepaal of hulle aan die nodige vereistes voldoen, onderhoude met hulle te voer en minstens drie van dié kandidate by die president aan te beveel.
Nadat die paneel aansoeke gevra en benoemings ontvang het, was daar 22 aansoeke en 24 benoemings teen die einde van die werkdag op 2 November, verlede Vrydag.
Die paneel het Donderdagaand byeengekom om die kortlys saam te stel van kandidate uit dié aansoeke en benoemings.
Die kortlys bestaan uit (in alfabetiese volgorde):
- Adv. S. Batohi
- Adv. G. Breytenbach
- Adv. K.M. Chauke
- Adv. J.R. de Kock
- Adv. A. Johnson
- Adv. M. Luphondo
- Adv. M. Makhari
- Adv. N. Manaka
- S.X. Mapoma
- Adv. C.S. Mlotshwa
- Adv. D.M. Noko
- Adv. M.S. Ramaite
Nr 2 op lys sal goeie keuse wees.
Sal dit nie kry nie,want sy sal die werk te goed doen.
Riaan , ek stem saam met jou. Ek stel voor dat daar twee of selfs drie kapteine vir hierdie skip moet wees. DAn kan hulle mekaar sommer dop hou ook en sorg dat die werk gedoen word.
Haar naam op die kortlys is net ‘n “eye-blind”.
Wat maak haar n beter kandidaat as enige ander een op die lys?
Hannes ek stem saam. Advokaat Barbie sal ‘n beter keuse wees. Sy is wel ter tale, wel sprekend. In in die algemeen aansienlik.
Ek vertrou dat die opposisie die kortlys sal deurgaan vir vrot appels. As daar nie ‘n goeie keuse gemaak word nou nie, is almal aandadig!
No 2 is tops maar baie bleek. Die ander dink ek het maar n geraamte iewers in die kas.
Alida,
Stel voor nr. 2 op die lys moet vir Hannon raadpleeg.
en net gister het die “raadgewende paneel” dit onten dat daar so ‘n lys bestaan, alles met anc is:,
waar daar ‘n rokie is, is daar nie ‘n vuurtjie nie, maar ‘n helse vuur
Ek is seker daar is beter kanidate vir die pos lyk vir my of daar nie behoorlik gesoek is na kanidate nie. Swak as dit die enigste opsies is vir so kardinale pos.
Susan dit klink of jy al die kandidate persoonlik ken of hoe? Weet jy dalk iets wat die paneel nie weet nie dan moet jy nou praat voor hulle die aanstelling maak.
Ek dink nie Advokaat Breytenbach is so goeie keuse nie. Sy is ‘n uitstekende vervolger maar nie so goeie dinamiese leier nie.
Glynnis Breytenbach, ek het nogal heelwat van jou gedink tot en met jou aanval op Erns Roetz van AfriForum na sy uiters professionele mondelingse lesing wat hy aangebied het in teenstand teen onteiening sonder vergoeding. Om hom daaroor aan te val het weer bewys jy hoort by die DA.
Wat van Adv. Gerrie Nel wat ‘n knap advokaat is ??
Dit lyk of ons ons eie paneel hier het. Almal ken die kandidate.
Met al die baantjies vir boeties en die feit dat feitlik niemand al oor die korrupsie in SA vervolg is nie, is die enigste opsies: Breytenbach, De Kock of Johnson.
Stem saam.
die vorige direkteur was ‘n Kleurling. so ek wonder watse verrassing kom dié keer uit die regstellende aksie hoed?
Die lysie was aan die media “gelek” omdat daar te veel bleek kandidate op is. Nou kan hulle n hersiene verteenwoordigende eenkleur reenboognasie lysie saamstel. Die feit dat breytenbach nie huiwer om anc of afriforum reg te wys nie, maak haar n goeie keuse. Net een vraag mm, het julle nie n leliker foto gehad wat haar aldus daan nog minder aansienlik kan laat lyk nie? Is dit julle wraak omdat sy teen ernst gepraat het?
Ja ek dink adv Gerrie Nel sal die regte persoon wees maar ja hy werk deesdae mos nou meestal vir die wit mense alhoewel hy Zuma se seun nou aan vat