128 000 kinders loop skool mis weens taxistaking

Verskeie busse is tydens die staking aan die brand gesteek. (Foto: Twitter)

Meer as een uit elke tien gr. 1- tot 11-leerders in die Wes-Kaap kon nie Maandag en Dinsdag by die skool uitkom nie weens Santaco se staking.

Honderde matrikulante is ook deur die staking ontwrig, maar kon darem almal daarin slaag om onderskeidelik Lewenswetenskappe en Geografie te skryf.

Altesaam 128 699 leerders in gr. 1 tot gr. 11, asook duisende personeellede, kon egter nie Maandag skool toe gaan nie omdat stakers die paaie versper het of leerders nie vervoer skool toe gehad het nie. Selfs meer leerders (128 747) het Dinsdag skool misgeloop.

“Wat dit beteken, is dat die staking 11% van die graad 1- tot 11-leerders in die Wes-Kaap twee dae se skoolopleiding gekos het,” sê David Maynier, Wes-Kaapse minister van onderwys.

Maroela Media het vroeër berig die staking was allesbehalwe ʼn vreedsame gebeurtenis met ʼn bus wat gekaap is, ander wat aan die brand gesteek is en selfs ʼn skool wat deurgeloop het. Passasiers van ʼn bus moes boonop noodgedwonge uit die bewegende voertuig spring toe daar skote op die bus afgevuur is.

Altesaam 2 435 skoolpersoneellede het ook nie Maandag vir werk opgedaag nie terwyl 1 965 Dinsdag afwesig was. Baie skole moes ook noodgedwonge hul eksamens herskeduleer, wat die einde van jaar se hersiening, nasien en administratiewe prosesse by die skole ontwrig het.

(Argieffoto)

Al 32 490 matriekkandidate kon egter Maandag Lewenswetenskappe Vraestel 2 skryf, terwyl al 27 055 Dinsdag Geografie Vraestel 2 kon aflê.

Maynier sê 354 Lewenswetenskappe-kandidate is deur Maandag se staking geraak, van wie 297 by alternatiewe eksamensentrums hul eksamen moes aflê. Altesaam 57 het laat by hul aangewese eksamensentrum aangekom, maar is nietemin toegelaat om die vraestel te skryf.

Altesaam 415 Geografie-kandidate is Dinsdag deur die staking geraak, van wie 358 toe by ’n alternatiewe eksamensentrum hul eksamen afgelê het. Altesaam 57 was Dinsdag laat vir hul vraestel, maar is nietemin die volledige tyd gegun om die vraestel te skryf.

Maynier sê die feit dat die eksamens soos beplan kon voortgaan, getuig van Wes-Kaapse skole se uitstekende voorbereiding.

“Ons distrikte, eksamenbeamptes en toesighouers het ’n fantastiese werk gedoen om ’n alternatief te bied aan kandidate wat, ten spyte van hul beste pogings, nie hul aangewese eksamensentrum kon bereik as gevolg van die staking nie.

“Maar dit moes nie nodig gewees het vir hulle om dit te doen nie.

“Terwyl ons die reg om te staak respekteer, moes ander opsies ondersoek gewees het, wat nie so ontwrigtend vir ons leerders sou wees nie.”

Santaco het laat Dinsdagaand sy staking opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hendrik ·

Inkomers van die Oos-Kaap is die probleem. Die Wes-Kaap se moeilikheid gaan groter word soos die werkloses instroom.

Johan ·

Ooo. Gaan hulle dan ‘n grensdraad opsit sodat niemand kan inkom nie!

Sarel ·

Gaan die Regering tedn die Vakbond en sy kede optree of gaan hulle soos gewoonlik beloon word

marius ·

En die hoofman koek en tee saam met sy ware meesters terwyl die land in sak en as is . Hoe tiperend .

Nico ·

Die Britte sal nie eers verskoning of vergoeding aanbied vir 23000 vroue en kinders wat die rooibaadjis vermoor en verkrag was deur die Brittse soldate omdat hulle te bang vir die boere.

Elize ·

Kommunisme se: Hou hulle dom en afhanklik dan kan jy hulle beheer.

JohanR ·

Hoop Stad Kaapstad kry geld by Santaco vir elke bus wat uitgebrand is? Sien nie hoekom die belastingbetlers moet betaal nie. Gryp Santaco aan sy sak Stad Kaapstad!

Harley Davidson ·

Kry huidige bevoordeelde kinders taxi vervoer na die skool en terug en wie betaal daarvoor want ek weet van geen huidige benaadeelde kinders wat taxi vervoer van en na skole kry nie.

pamela ·

Dan word daar na al die goed en gebrande busse gekla, dat hulle nie vervoer het nie. Dink nie aan die nagevolge nie.

Swerwer ·

Hou op kla oor alles en raak ontslae van die Taxi’s, Taxi Verenigings! Hoe moeilik is dit of is dit ook weer ‘n geval van maatjies!

Antie Sarie ·

Wat het geword van skoolbusse? O ja. Nuwe Suid Afrika

Jakes ·

In SA word alle stakings gekenmerk deur brandstigting, beskadiging van eiendom en klipgooi. Deel van die nuwe SA se stokperdjies.

Jaco ·

Skoolstandaarde is nou so laag dat 2 dae uitbly uit die skool eintlik geen ontwrigting is nie.

Casper ·

Brandstigting ressorteer onder die SAPD.Hoekom skiet hulle nie eers en dan praat hulle nie.Hulle hoed generaal het mos so gesê.

Danie ·

Nee wat waar n rokie is is n vuurtjie?Waar en hoe gaan dit stop?? Is die bus en taxi aangeleentheid nou n ander formaat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.