13 jaar om pad van (naastenby) 26 km te voltooi

Argieffoto van die P749 (Foto: KwaZulu-Natalse departement van vervoer/Facebook)

Dit het die KwaZulu-Natalse departement van vervoer niks minder nie as 13 jaar geneem om ʼn stuk pad van 26 km in Umzimkhulu te voltooi – ʼn gemiddelde afstand van maar twee kilometer per jaar en teen ʼn stewige R30 miljoen per kilometer.

Dié 43 km lange multimiljoenrandse opknapping van die P749 in Umzimkhulu is in 2009 reeds van stapel gestuur nadat oudpres. Thabo Mbeki dié plaaslike gemeenskap drie jaar vantevore besoek het. Inwoners was in daardie stadium reeds raadop met die swak infrastruktuur in die omgewing.

“Sewentien lang jare het intussen verloop, maar niks het vir die inwoners van Umzimkhulu verander nie,” sê Sharon Hoosen, die DA se provinsiale woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid.

Luidens ʼn verslag oor die vordering van die P749 wat onlangs aan die KwaZulu-Natalse portefeuljekomitee oor vervoer voorgelê is, is slegs 26 km van die 43 km lange P749 – wat Umzimkhulu met naburige gemeenskappe, skole, klinieke en winkelsentrums verbind – tot dusver voltooi.

Hoosen sê die departement se trae vordering het tot groot lyding in die gemeenskap van Umzimkhulu gely weens beperkte toegang tot kardinale hulpbronne.

Teen die huidige koers sal dit die departement van vervoer minstens agt jaar neem om die oorblywende 17 km te voltooi. Daar word geraam dat die uitgerekte projek eindelik ʼn allemintinge halfmiljard rand gaan kos.

“Dat ʼn projek vir 43 km se pad 13 jaar duur – en steeds nie voltooi is nie – is onbegryplik,” sê Hoosen.

“Dertien jaar is basies ʼn kind se ganse skoolloopbaan, maar die departement van vervoer kon net 26 kilometer in hierdie tyd klaarkry, ʼn gemiddelde afstand van twee kilometer per jaar.”

Toe die portefeuljekomitee oor vervoer in die provinsie sy kommer oor die projek te kenne gegee het, kon amptenare van die KwaZulu-Natalse departement van vervoer boonop nie met sekerheid sê of 26 km of dalk al 28 km van die stuk pad voltooi is nie.

Hoosen sê dit is duidelik dat die departement die mense van KwaZulu-Natal in die steek laat. “Die departement het geen plan wanneer dit kom by die byhou van projekte en om vinnige, doeltreffende en uitstekende vakmanskap betyds te verseker nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JvR ·

Syfers is maklik om rond te gooi. En dan is daar die tenders. Ai daardie tenders. Want in die aaklige ou dae het die staat self gesorg dat paaie reggemaak word. En dit was werkverskaffing. Want die regering het werk verskaf en salarisse betaal.

kaplyn ·

Teen hierdie tempo sal dit hulle ‘n 100 jaar vat teen ‘n R100 miljard om die infrastruktuur in KZN te herstel na die oorstromings en hulle sal heel waarskynlik apartheid die blaam gee. MAAAAR nog steeds stem hulle vir die anc!

Impact ·

Sjoe iemand het lekker geskep. DA is ook nie meer te vertroue nie. Wanneer weet jy as Politici lieg? Wanneer hulle, hul bekke oopmaak.

Stofdonkie ·

Maar die pad na Nkandla is seker voltooi en word seker jaarliks onderhou?

domheks ·

African time! Tomorrow is another day! Dis hoekom ons land lyk soos ‘n rioolplaas!

Fluisterwind ·

Die totale koste om die 26 km stuk pad in Umzimkhulu te voltooi, met inagneming van die gegewe toestande, R780 miljoen wees. Absurd!

Charmain ·

Dieselfde met die pad tussen Potch en Ventersdorp, omtrent 8 jaar gevat om die 50km oor te teer…nie eers om n nuwe pad te bou nie!

Eugene ·

Want daars nie mense met verstand om te help beplan nie. Hulle kan nie eers gesins beplanning doen nie.

Jaco ·

As dit nou ‘n pad na ‘n oorwegend wit dorp toe was, het ek nog dié 13 jaar verstaan. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. Maar die pad in die berig gaan na die ANC se eie mense. Hoe dan nou? Hoe sorg die ANC dan so swak vir hulle eie mense???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.