15 beseer toe taxi beheer verloor

(Foto: ALS-Paramedici)

Paramedici van Advanced Life Support (ALS) is Woensdag omstreeks 14:30 na ʼn toneel by ʼn padaansluiting tussen Warwick-laan en Old Dutch-weg in Durban ontbied nadat ʼn taxibestuurder glo beheer verloor en 15 mense beseer het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van die nooddiens, het paramedici op ʼn chaotiese toneel afgekom “omdat die toneel oor drie dele van die aansluiting versprei was”.

“Daar word beweer dat die taxibestuurder beheer verloor en in ʼn voertuig ingeploeg het, waarna dit op die sypaadjie beland en teen verskeie voetgangers gebots het.”

Die taxi het glo ook teen ʼn verkoopstalletjie gebots waar dit tot stilstand gekom het.

Volgens Jamieson het paramedici altesaam 15 pasiënte op die toneel gevind wat beserings opgedoen het.

“Die beserings wissel van matig tot ernstig, met een pasiënt wat kritieke beserings opgedoen het. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle deur verskeie ambulansdienste na verskeie hospitale vervoer is.”

Jamieson sê die gebeure wat tot die botsing gelei het, is in dié stadium nog onbekend, “maar die polisie was teenwoordig en sal ondersoek instel”.

(Foto: ALS-Paramedici)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Aai ·

Nie geweet eiers kan mense so seer maak dat almal na hospitaal toe is?

Juanita ·

Ek kan nie help om jammer te voel vir die persoon wat die eiers verkoop nie. Geldjies gaan verdien vir kos op die tafel dan kom ‘n Taxi en saai verwoesing. Hoeveel chaos is veroorsaak dit in daardie persoon se daaglikse lewe.

Surfer ·

15 beseer toe taxi beheer verloor, gelukkig het die ander 15 insittendes, 5 kinders, 4 bokke en 6 hoenders geen beserings opgedoen nie.

Boer ·

Dit verbaas my nie want die taxibestuurders bestuur roekeloos en hulle voel niks vir die normale burger van die land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.