17 vas oor miljoene rande se skoolvervoerbedrog  

(Foto: Verskaf)

Altesaam 17 verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Atlantis-landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met miljoene rande se bedrog wat met skoolvervoertoelae verband hou.

Die verdagtes is Donderdag in onderskeidelik die Paarl, Atlantis, Philadelphia en Wellington in hegtenis geneem ná ʼn maande lange ondersoek.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, hou die inhegtenisnemings verband met die beweerde onregmatige uitbreiding van die Wes-Kaapse onderwysdepartement se skoolvervoertoelae.

Sommige van die verdagtes – agt mans en nege vroue tussen 35 en 60 jaar oud – is lede van die skoolbeheerraad in Atlantis.

Die verdagtes word onder meer aangekla van diefstal, vervalsing en bedrog wat R12 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Harley Davidson ·

Die staats gesupsideerde vervoer toelaag vir kinders ,wit kinders uitgesluit om kinders aan te ry na skole wat funksioneer nog ‘n diskriminernde wet gebaseer op velkleur.

Jaco ·

Jy is verkeerd. Rassisme en diskriminasie kom net in SA voor wanneer wit mense lelik is met mense van ander rasse. Dit wat jy, ek en alle ander wit mense sien as diskriminasie en rassisme teen wit mense, is blykbaar eerder net ‘n terugkry en straf vir apartheid.

Johan ·

Die spreekwoord lui:”monkey see, monkey do.” – hoe anders dan as die sogenaamde leiers korrup is … vra maar net.
Integriteit is alles.

Vrede & vreugde

Anel ·

En dan verwag die Kaap mense moet soontoe trek? Hulle maar net so korupt soos enige ander provinsie. Ek bly waar ek is saam met die duiwel wat ek ken!

Phillip ·

Lekker lag ek nou so op n wonderlike Vrydag.. Saam met die duiwel wat jy ken (:-))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.