26-jarige veg om haar lewe ná skietery

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

ʼn 26-jarige vrou veg steeds om haar lewe ná sy en haar kêrel Woensdagaand in hul huis in Wesselton in Ermelo oorval is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, sê die paartjie het in hul bed lê en slaap toe twee verdagtes hul deur oopgebreek en op hulle gevuur het. Die paartjie woon in Emadamini.

“Albei slagoffers is na ʼn hospitaal geneem. Die 23-jarige man is reeds ontslaan, maar die vrou is steeds in ʼn bedenklike toestand.”

Die man is twee keer getref en die vrou het verskeie skietwonde opgedoen.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Niks is uit die huis gesteel nie. Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en die moontlikheid dat nog klagtes bygevoeg kan word, word nie uitgesluit nie.”

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die aanval veroordeel. “Die veiligste plek moet agter mens se eie huisdeur wees. Dit is ontstellend as mense aangeval word waar hulle veronderstel is om veilig te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Prikkie ·

Die onderste reëltjie (bottom line) is dat jy nerêns in hierdie (eens) pragtige land veilig is nie.

Leon ·

En Bheki Cele gooi drank uit. Wys waar is sy prioriteite. Om van Naar te raak.

Herpiet ·

Janee alles word veroordeel maar weinig word gedoen
Kriminele loop soos oop tronkdeure rond en almal wil kommissies opstel om daaroor te praat
Geen plan geen aksie geen optrede
Afrika styl op sy beste

Lillian ·

Sys meer geskiet as haar man, klink na ‘n wraak aanval.

Sarel ·

” Ontstekkend”
Mense word al reeds vir jare in hulle ” Huise” aangeval.
Ons ” huise” het ‘n Tronk geword…

Jack ·

As jy iemand nie n fooitjie gee nadat hy kamtig jou kar opgepas het nie loop jy gevaar om vannag vermoor te word. Dis waar ons land nou is verkoop deur die anc aan die boewewereld. Dividende is seker goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.