41 vas na plundertog in Jhb

(Foto: Twitter)

Minstens 41 mense is teen vanoggend in hegtenis geneem nadat drie mense die naweek in ʼn brand in die Johannesburgse middestad omgekom en omstanders sedertdien op ʼn plundertog gegaan het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n brand het Sondag in die vroeë oggendure by ’n ou gebou in Jeppestown uitgebreek.

Die mure van die gebou het in die brand meegegee en drie mense het in die voorval omgekom.

Ontstoke omstanders het daarna in die voorstad asook omliggende gebiede opgeruk en geboue en motors aan die brand gesteek. Verskeie winkels word sedertdien ook geplunder.

Volgens Peters is vier mense reeds gister op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem.

Nóg inhegtenisnemings het sedertdien gevolg waaronder 22 mense in Malvern en agt ander in ’n winkel in Tembisa vir die besit van gesteelde goedere.

Die chaos duur egter voort en polisie is tans op hoë gereedheid in verskeie gebiede. Dié gebiede sluit Reigerpark, Oakmore in Tembisa en Ekurhuleni in waar verskeie winkels nog vanoggend geplunder is.

Lt.genl. Elia Mawela, Gautengse polisiehoof, het die voortslepende geweld ten sterkste veroordeel.

“Dit is ’n hartseerdag wanneer mense kies om voordeel te trek uit die ongeluk van ander om anargie of misdadigheid te bevorder. Drie mense wat in ’n brandende gebou omgekom het, kan nooit regverdig wat nou in Jeppestown, Malvern en omliggende gebiede gebeur nie,” het Mawela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Mossie ·

Die dood van 3 mense het niks te doen met besighede nie. Dis net n verskoning om te brand en plunter. Hoop die SAPD is op gereedsheidsgrondslag, want dit gaan al hoe erger begin raak. Die geringste iets sal nou gebruik word as n verskoning. Elke is nie meer sommer net n gewone werksdag nie!

Arno Scheepers ·

En 41 weer vrygelaat?
Te veel polisie lede betrokke

Posduif ·

Ek het ander dag die storie gehoor dat die Britse Polisie spog dat hulle gemiddeld binne 15 minute by ‘n misdaad toneel is. Sy Suid Afrikaanse eweknie het toe blykbaar gespog dat die SAP baie vinniger is. In die meeste gevalle is die SAP lede reeds op die toneel wanneer die misdaad gepleeg is (net grappie?)!!!!

Michael P ·

Kyk hoe lyk ons land. Ek stuur dit na al my famielie en vriende in die buiteland. Pragtige advertensie vir S A.

HPV ·

Ons vertaal dit en stuur dit aan internasionale koerante en besighede, doen ook so.

Johan ·

Die patroon is grootskaalse onluste. Mense word gevang en soms voor die hof gedaag. Daarna word hulle vrygelaat. Dan hoor ‘n mens niks verder nie. Niemand word blykbaar gevonnis nie. En die skuldiges weet hulle sal niks oorkom nie.

George in Bloem. ·

Die goed gebeur omdat die ANC sag is op misdaad en hulle Polisie onbeholpe en pateties sleg verby is,met respek aan die klein persentasie van die lede wat nog hard probeer. Totdat hier ‘n totale ommeswaai in denke kom sal dit maar so voortploeter.

albert Marais ·

Vonkprop ek weet nie van watter manskappe jy na verwys nie. As dit diesefde manskappe is wat tans in die Kaap probeer iets uitrig , dan weet ek nie so mooi nie. Hoopeloos ondoeltreffend.

Baghdad ·

Ek, en baie ander, is ook ontstoke! Vanaf 1976 sien ons al halssnoermoorde, brandstigting en verwoesting van ander se eiendom! Nou is ek keelvol verby. Vryheid het anargie gebring in hierdie land! Trump is reg oor Afrika!

Johan ·

….is hierdie net nog sekondes wat verby tik todat die anargie bom ontplof? Wat is ons Boere se plan van aksie?

Werner ·

Hierdie is heel moontlik die begin van n Arab spring wat lei tot burgeroorlog

Baghdad ·

Johan , my besigheid gesluit, sorg dat ek nou die minimum belasting betaal en geen werk skep nie en Desember is ek in Kanada! Dis wat ek doen , nie net sit en huil oor mede Afrikaners nie.

johanna ·

Johan het jy deelgeneem aan die onlangse verkiesing, weet jy hoeveel blankes in hierdie land het nie gaan stem het nie maar het altyd n eier te le

marous ·

Hartseer , bedroef teleurgesteld is al wat geuiter word . Die polisie en hul meesters moet eerder uitgereik word met snees doekies want optree kan , wil , sal en gaan hulle nie .

Lagwekkend ·

Polisie moet geweld met agressiewe terugslaan antwoord.
Waterkanon gaan nie werk nie en om te kyk hoe geplunder word nog minder.
Antwoord met die harde werklikheid waarmee sulke misdadigers mee gewerk moet word.

Ben ·

Die goed wat afgebrand het nie weer opbou nie. Los dit net so want so hoe dit nou lyk, wil hulle dit hé.

annelie ·

Wat help dit om aan die buiteland te stuur – hulle gaan ons nie red nie!

Pottie ·

Nee hulle gaan nie want hulle het mos die anc ondersteun dit is hoekom hulle nie woord se nie amerika in gesluit

Pieter ·

Geen verskil tussen zunu pf en die anc nie almal is broers en almal is slim dit is hoekom afrika lyk soos hy lyk

Laetitia ·

Skande!!! Swak regering!!! Nie eers in staat om wet en orde te handaaf nie.

Gert van Wierdapark ·

Bou NOG TRONKE sodat AL die onlusmakers behoorlike “huisvesting” vir die volgende DEKADE het!!

Mauritz ·

Algemene onrus en openbare geweld neem toe, want daar is aan die einde van die dag net een manier om teen ‘n geweldadige “mob” op te tree. Die regering sal met alles in hulle vermoë stry teen die optrede, want hulle sien nie kans vir nog ‘n Marikane nie. Maar dit sal gebeur, of hulle nou wil of nie. Dis net hoe later, hoe kwater. Dit wat kom sal polisie optrede in die vorige bedeling na kinderspeletjies laat lyk.

Riana ·

Habakuk Hoofstuk 1 en 2 gee al die antwoorde oor wat met SA en reg oor die wereld gebeur

Martie ·

Eers Pretoria nou JHB en ook ander dorpe vroeg in 2019 dit hou net nie op nie die land word regeer deur n klomp war net wil vat wat hulle kan en wil.Die President en van sy ministers sit mos nou oorsee en die land raak onbegeerbaar nie dat dit eintlik anders is nie.Ons raak nou gewoond aan wataangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.