5 vas vir besit van vermoorde polisiebeamptes se wapens

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

Vyf mense is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van vuurwapens wat aan twee polisiebeamptes behoort het wat vroeër die dag in Philippi in Kaapstad vermoor is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê vier mans, tussen die ouderdomme van 19 en 33, en ’n vrou (23) is in Nyanga in die besit van drie Glocks, vyf magasyne en 45 patrone aangekeer.

Twee van die Glocks is geïdentifiseer as dié van die vermoorde polisiebeamptes wat vroeër die dag na ’n skietvoorval elders in die stad omgekom het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die beamptes is gister na ’n konstruksieterrein op Sweet Home in Philippi ontplooi om na werkers se veiligheid om te sien, toe hulle oorval en geskiet is.

Die polisiebeamptes is met ’n lugambulans na ’n hospitaal gehaas waar hulle later gesterf het.

Volgens Traut sal die verdagtes binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens.

Die ondersoek na diegene wat die polisiebeamptes geskiet het, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berserk ·

Aangekla word vir onwettige besit van vuurwapens??? Is dit nie moord nie?

jakes ·

AS jy nie vandag n moord op jou kerfstok het nie dan is jy nie cool nie. Moord pleeg is verpligtend in SA want jy be oefen n stokperdjie. Die kanse dat jy tronkstraf sal kry is omtrent nul.

HPV ·

Jakes, hoe ook al, kan nie anders as om met jou saam te stem nie, meer as 50 moorde per dag of 2 per uur is die bewys daarvan. Tragies dat die hele wêreld aandagtig is hieraan en nou ‘n blinde oog keer.

lh ·

Julle hoef nie ver te soek nie. . .
As jy in besit van die oorledenes se vuurwapens betrap word, HET jy mos die antwoorde! My innige simpatie en aan die Lede se gesinne, familie, kollegas en vriende

Francois ·

As jy in besit van ‘n misdaadwapen is, maar nie die “misdadiger” is nie; het jy ten beste die wapen aangeskaf om kwaad te doen daarmee. Ons wet behoort ongenaakbaar te wees teenoor hierdie “mark” vir vuurwapens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.