6 leeumannetjies by gewilde dierepark vergiftig, 4 geslag

Argieffoto: popista.com

Ses leeumannetjies is Saterdag by die gewilde Mystic Monkeys and Feathers-dierepark in Rust de Winter, oos van Pretoria, vergiftig en vier van die katte se koppe en pote is verwyder.

“Ons is so hartseer om aan te kondig dat ons ses leeus aan die hande van stropers verloor het,” het die park op sy amptelike Facebook-blad gesê.

“Drie witleeus en drie bruinleeus is dood. Sinnelose en hartelose mense het ons van hierdie pragtige diere beroof. Dit is ʼn jammerlike skande. Net toe ons gedink het ons doen ons deel vir dierebewaring, bewusmaking en beskerming, kom mense en doen dít.”

Maroela Media het verneem die leeumannetjies was almal byna drie jaar oud en in dieselfde kamp toe die stropers vermoedelik Saterdag in die vroeë oggendure toegeslaan het.

ʼn Werker het omstreeks 08:30 op die leeus se karkasse afgekom toe hy hulle wou gaan kos gee het. Vier van die leeus se koppe en pote is afgekap. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Christa Saayman, die dierepark se eienaar, was te emosioneel om met die media te praat. Sy is bekend vir haar hegte band met al haar diere.

Mystic Monkeys is ʼn dierepark wat hulle beywer om wilde en bedreigde dierespesies te beskerm. Hulle versorg onder andere witleeus, wittiere en Bengaalse tiere. Daar is ook sjimpansees, oselotte, meer as 44 aapspesies en verskeie eksotiese voëlspesies.

In Mei vanjaar is die gewilde Jugomaro Predator Park in Limpopo ook geteiken toe vier van hul skaars en geliefde groot katte op hul nuwe wildplaas naby Vaalwater vergiftig is. In albei kampe waar die diere aangehou is, is stukke vleis met die gif Temic, ook bekend as Two Step, gevind. Die stropers is deur iets verjaag voordat hulle enige liggaamsdele kon verwyder.

Dit is nie duidelik of die twee voorvalle verbind kan word nie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het gesê die polisie gaan binnekort ʼn verklaring oor die voorval uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Paul ·

Kom minister Edna Molewa, help! …. ‘n Stem roepende in die woestyn.

Petro ·

Dis siek!!! Ons was verlede jaar by Mystic Monkeys en dis ‘n verskriklike mooi plek en die diere is so gelief en goed versorg. Ek hoop hulle vang hierdie monsters ? so jammer vir julle verlies

Hanna ·

Ek is te kwaad om kommentaar te lewer. Skurke en dit alles vir geld en moetie mag die skuldiges gevang en swaar gestraf word !!!!!

SNEL ·

Eers die renosters, nou ons leeus. Hulle sal so aangaan tot daar niks meer oor is nie. Vreeslik hartseer.

Susan ·

Dis siek om di minste te se. Waar gaan als eindig?? Als word uitgeroei en doodgemaak wonder of arme diere ni virdi oorsese markte dood gemaak word ni. So so hartseer

1+1 ·

SNEL dit lyk vir my of ons ook nou tergkeer na die Middeleeue.

Cynthia TREDOUX ·

Waar is die SEKURITEIT van die plek? Hoeveel onskuldige leeus moet nog vermink/afgeslag word? Hoe betroubaar is die WERKERS? Verder gaan ek my nie uitlaat nie!

Alida ·

Hulle hoef net by die toordokters te begin soek. Daar is mos mal mense wat glo aan die snert.

Guve ·

Ek hoop dat di leeus eendag hul koppies en pote gaan vreet,die arme leeus was seker te Wit,sterkte aan almal by di dieretuin

M'Lady ·

Niks word ontsien in hierdie vervloekte land nie. Nie mens nie en ook nie dier nie.

TLC ·

Ja nee ons renoster raak mos min nou is die leeus more meerkatte en en en Presies wat die sotte met ons boere doen Mag die hande wat daai gif gooi en laat hul gly en so die prooi word

Paul ·

Dit is hoogtyd dat ons na die parlement opruk en daar in hul gesigte gaan betoog dat die minister Edna vir eens en vir altyd daadwerklike stappe neem!

Paul ·

Peper haar ook op jul facebook en twitter met jul aandrang en vra waarom sleep sy voete, al vir jare???

Vra dan ook vir CR wat sy oplossing is!

Chilli ·

Ek huil soos ek hier die berig lees aai julle dis vreeslik die arme diere?? hoe leer n mens integriteit in die verdomde land van ons dis afgrond al wat n mens en dier kan beleef n dier is vir my meer werd as n mens

Nikita ·

Sterkte Christa ek kan my indink hoe jy moet voel, ons treur saam met jou. Ek is ook vreeslik baie lief vir diere…dis vreeslik hartseer. Mag hulle hul dag kry!

Patriot ·

Goed..
Ons almal weet ons renosterhorings en leeu pote eindig op in China en daardie lande. Wanneer gaan ons begin om hulle besoeke aan SA te monitor? Tyd laat SA soos Australia word en ernstige ondersoek instel na hierdie mense. Hoeveel keer per jaar kom hou hul “vakansie” in SA …
My beskeie mening. Ek sou almal vir n jaar lank toegang weier en kyk wat gebeur.

Nadia ·

Hierdie is so bitterlik bitterlik hartseer!!! ek was al daar gewees met my seun, ek kon daai leeus se koppe vryf en met welpies speel. Die diere daar word so wonderlik versorg! Hierdie is absoluut HEARTBREAKING!!!! Ek dink aan die eienaar en die werkers wat soveel van hulle tyd bestee aan die diere en hul versorging en life word vir hulle en so moet staan en kyk hoe hul diere net so van hul af weggeneem word. Sterkte! Mag hierdie stropers vining opgespoor word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.