60-jarige vrou met 12,6 kg dagga betrap

Argieffoto (Foto: SAPD Limpopo)

ʼn Vrou van die Eswatini (Swaziland) is met 12,6 kg dagga in haar bagasie betrap toe sy die grens na Suid-Afrika wou oorsteek. Die geraamde straatwaarde beloop R52 920.

“Volgens inligting het die vrou Maandag ʼn rygeleentheid bekom van ʼn voertuig van Eswatini na Suid-Afrika,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie.

“Hulle het glo direk na die Mananga-grenspos gery. Ná die eerste beheerpunt moes hulle dieselfde proses aan die Suid-Afrikaanse kant deurmaak waar beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens op die dagga afgekom het.”

Volgens die voorlopige ondersoek behoort die dagga aan die vrou.

“Sy is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel en sal na verwagting binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming verwelkom en haar teleurstelling uitgespreek omdat sy glo ouer persone moet as ʼn voorbeeld dien vir jonger mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

melaney ·

Daar is mense ouer as 60 wat dagga verkoop. Nie alle ouer mense het veel self respek nie.

Leona ·

Melanie, die ouer mense gebruik dit jare al in natuurlike geneesmiddels. Veral onder kanker pasiënte. Dit word soos tee getrek en in smeermiddels gebruik.

Daisy ·

Ek maak ook tee daarvan – dit help vir Artritis in my vingers. Ek het my eie plante gehad en ge-oes

ES ·

Ek wonder of iemand vir haar geld aangebied het om die tas oor te bring sonder om vir haar te se wat daarin is en of sy nou maar deel van ‘n sindikaat is…

Wie wil nou op 60 tronk toe gaan?

Harley Davidson ·

Die regering het die besluit geneem om die gebruik van dagga goed te keur wat nooit moes gebeur het nie,so die pinkie is gegee nou word die arm gegryp.

De Villiers ·

Die regering moes ook nooit die TV, drank of suiker goedgekeur het nie.
Met die goedkeuring van TV het pornografie op die skerms begin verskyn en met die goedkeur van drank het die een pub na die ander oopgemaak, dronkbestuur het die hoogte ingeskiet. Met suiker het vetsug aan die orde van die dag geword…so die pinkie is gegee en toe word die arm gegryp!

melaney ·

De Villiers, beter kon jy dit nie stel nie!! Ons samelewing is omtrent taboe.

Dirk ·

Dit is hoogtyd dat dagga heeltemal verklaar word as wetlik. JY is agter die tyd en moet bietjie gaan lees oor die mediese voordele van dagga.

Lillian ·

Met die pittens wat die oumense kry by die staat, moes sy seker maar haar inkomste aanvul

Danie ·

Wat n helse sukses.Baie geluk sapd met die goeie speurwerk so gaan voorkom nou plaasmoorde.

Surfer ·

“Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het haar teleurstelling uitgespreek omdat sy glo ouer persone moet as ʼn voorbeeld dien vir jonger mense.”, nou kom nou in watter land bly die blinde Lt.genl dat sy so n stelling kan maak. Is daar nog enige voorbeeld in sekere klasse in hierdie land oor?? Jou koffie raak koud Lt.genl, raak wakker, nie eers ons president kan n voorbeeld stel nie.

Pieter ·

Volgens die somme kry die arme mense maar min geldjie op straat. as hulle dalk dinge net ordentlik doen en nie se dit wettig, maar slegs as jy R5mil het vir seller licence. Weereens maak die regering sakke duk en die mense op die grond kry tronke…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.