76-jarige vas oor onwettige vuurwapens

(Foto: SAPD KwaZulu-Natal)

ʼn 76-jarige man het Vrydag in die Ngwelezana-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met ʼn verskeidenheid onwettige vuurwapens.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Durban- openbareorde-eenheid en King Cetshwayo-misdaadintelligensie het ʼn wenk opgevolg in Ntambanana.

“Die span het inligting opgevolg oor ʼn verdagte wat in besit is van onwettige vuurwapens. Hulle het op sy huis in Donda toegeslaan en ʼn soektog uitgevoer,” het Gwala gesê. “Beamptes het beslag gelê op twee gewere, twee haelgewere en twee pistole. Altesaam 51 verskeie tipes patrone is ook in die verdagte se besit gevind.”

Die man moet op 2 Desember weer in die hof verskyn vir sy formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Kry vir jou ou jy weet mos hoe dit werk. Daar’s nie pille vir stupid nie. Hoop jy kry maksimum vonnis

Hannes ·

Sal ook so versameling wil hê want ek weet hoe om hul wetting te gebruik.

Johan ·

Presies Hannes “wettig te gebruik”. Besit behoort nie n misdryf te wees nie.

Persheks Adri ·

Ons wat dit WETTIG doen wag hoe lank en betaal deur ons nekke vir ordentlike goed, maar kyk nou die ou regtig waar dis wat my vies maak!!!

Flip ·

Ten minste drie van daardie wapens kom van die polisie/weermag af. Wie gaan in hegtenis geneem word vir wapens wat “verloor” is deur die regering?

Johan ·

Om dit te besit behoort nie n misdryf te wees. Om daarmee te gaan roof of iemand te skiet is die misdryf. Wat is verkeerd daarmee om dit te besit? 50 verskilende patrone klink v my na n versameling, wats verkeerd daarmee? Ek wens mense wil wakker word en besef dat baie mense die goed besit om hulself te beskerm en nie ooit n misdryf daarmee pleeg nie. Die aansoek proses is so gemors dat baie mense eenvoudig nie kaans sien daarvoor nie. Vuurwapen besit is nie die probleem die, die gebruik daarvan om n misdaad te pleeg is die probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.