Aanklagte teen minister wat Burundese vrou na SA ‘smokkel’

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die DA het Vrydag aanklagte teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, aanhangig gemaak nadat sy glo ʼn jong Burundese vrou onwettig die land ingesmokkel het.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane, het in ʼn verklaring gesê Mapisa-Nqakula se bewerings dat sy die vrou met goeie bedoelings ingesmokkel het, is nie ʼn verskoning vir oortreding van die wet nie. “Die minister het ander diplomatieke opsies beskikbaar gehad, maar het gekies om die wet te oortree eerder as om van hierdie ander opsies gebruik te maak. Sy het ook haar eed om die oppergesag van die wetgewing en Grondwet te handhaaf, verbreek,” het Marais gesê.

Die Sunday Times het in Mei berig Mapisa-Nqakula het erken dat sy van die Waterkloof-lugmagbasis na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlieg het om ʼn Burundese vrou te gaan haal wat in hegtenis geneem is vir die vervalsing van reisdokumente. Mapisa-Nqakula het gesê sy het “ʼn kind gered uit ʼn lewe van mishandeling en verwaarlosing”.

Volgens Mapisa-Nqakula het sy einde Januarie 2014 na die Kongo gereis as deel van ʼn staatsbesoek wat in elk geval gereël was. Terwyl sy daar was, het sy die vrou se lot onder hulle minister van verdediging se aandag gebring en aangebied om haar na Suid-Afrika terug te neem en te help om die nodige wettige reisdokumente te bekom. Die vrou het intussen glo ʼn studiepermit bekom en by ʼn Suid-Afrikaanse kollege ingeskryf terwyl sy in Mapisa-Nqakula se huis woon.

“Dit is nou al te lank dat die ANC en sy ministers in die regering hul politieke mag tot hul eie voordeel misbruik. Die ANC-ministers se absolute minagting vir die wet en hul ampseed is ʼn klap in die gesig van ons demokratiese bedeling,” het Marais gesê.

“Minister Mapisa-Nqakula moet aanspreeklik gehou word en die DA sal onverpoos veg vir die integriteit van ons Grondwet en verseker dat niemand hoër as die wet geag word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

m ·

oooo ok sommer nou al n studiepermit. Baie gou gesorg dat sy wettig raak. Seker net opdragte gegee om uit te reik….

AH ·

En dit tewyl daar van ons eie mense dit nie kan bekostig om kollege toe te gaan nie

Ander Koos ·

Demokratiese bededeling? Wat jy waar kry? Die DA mors almal se tyd, want niks sal kom van hulle klagte nie, daarvoor sal die ANC sorg

Frederik ·

Sal nie sê hul mors almal se tyd nie, maar defnitief hul eie. Die feit dat hul ‘n skaduminister van verdediging en militêre veterane het, wys dat hul maar ANC-lite is. Dit beteken dat, as hul moontlik eendag die bewind sou oorneem, hul ook maandeliks vir die ex-terroriste gaan sorg op belastingbetalers se koste.

Irene ·

In SA is daar baie mishandelde kinders doen sy iets vir hulle

Marous ·

Verhewe bo ALLES ….dis die persepsie . U is ‘n net ‘n amptenaar madame en het geen reg om die belasting betaler se geld te misbruik vir eie geregtige edele motiewe , of wetgewing te systap nie. Gaan daar aangedring word op arrestasie in dieselfde graad as die persoon wat op Jhb lughawe voor sy familie in hegtenis geneem is en op die strengste borgvoorwaardes uitgelaat is vir beweerde oortredings van die immigrasiewet???

Johann ·

Is dit waar dat die “geredde ” een verloof was aan die minister se vermoorde seun? Vra maar net; want dan is daar mos nie n issue nie? Waterkloof is mos juis die op en af klimplek van Zuma en sy pelle vir troues? Syt ma net gedoen wat hy al gedoen het… En ek mowr se: met haar wydstrekkende titel sal ek my ook aanneem ek.mag ALS doen?

Risssiepit ·

Nkandla Korrupsie Virus-infeksie. NIEMAND is bo die landswette verhewe nie, maak nie saak wat ‘n persoon se pos/magte/oorwegings is nie; dit nou gese as jy in ‘n ware demokrasie leef soos in ontwikkelede lande in Europa/VSA. SA was eens die Afrika Ekonomiese Reus, “Big Brother”, magtigste weermag op die Afrika vasteland, Mooiste ontwikkelende land met goeie beleggings en sekerheid, maar na 1994 is dit tot die derde graad afgegradeer op alle vlakke. Nigerie is die Ekonomiese Reus en Cameron se die land is “fairly one of the biggest Corrupt World Countries”; wonder wat hy / wereld nou van SA sou se???

Manie ·

Arresteer haar dat sy voor die hof lan verduidelik wat sy besig is om tr doen.

Theuns ·

Sy het nie net die land se wette oortree nie maar moet ook aangekla word vir mense handel. Het sy nie die Pa betaal om haar die land uiteneem nie. Ek is seker die Pa het ook gese dit was n besigheids transaksie?

Johann Marx ·

En dis hoe jy ‘n wettige SA burger word: Jy betaal Johannes by Dept Binnelandse Sake R2000,00. Dan gee hy vir jou matrieksertifikaat van ‘n plattelandse skool wat afgebrand het. Dan doen jy aansoek by die Dept vir ‘n SA ID boek en paspoort (wat weggeraak het maar gelukkig het jy darem hierdie matrieksertifikaat!!…so jy moes in die skool gewees het, so jy IS ‘n SA burger….mos). Dan na 6 weke kry jy ‘n oproep….vat nog R2 000,00 saam…en VOILAAAA!!! Stemgeregdigde….wat kwalifiseer vir AL die staat se sosiale toelaes….met die hardwerkende belastingbetaler se goedkeuring.

Stan ·

Wens iemand van die VSA, Australia, NZ of selfs Europa wil my uit die patetiese land uit smokkel na hulle land toe. Die lande waar ons eintlik hoort!

Lance ·

Eintlik moes die anc haar mos aangeklae her …maar nee hoe kan mens dit nou verwag as die baas so oneerlik en skelm is

humor ·

Kyk haar gesig. Sy hoegenaamd nie verstaan dat sy skuldig kan wees nie.

GES ·

Dit is net ongelooflik hoe die mense van cANCer, hulle eenvoudig afvee aan die wet en maak net soos hulle wil. Hulle leef asof daar geen wet bestaan nie maar die res van die volk moet onder die wet leef. Selfs die howe kyk magteloos toe na wat aangaan. Waar gaan die streep getrek word?

George ·

Jaag maar oor die rooilig, as daar nie ‘n ander voertuig was nie dan is dit mos oraait. Daars mos niks mee verkeerd nie.

Sarie ·

Ek hoop dat hierdie nie net ook maar ‘n statistiek gaan word wat soos Zuma se oortreding van die Grondwet en misbruik van sy ampskleed onder die ingevee gaan word en nooit weer iets van gehoor gaan word nie. Die minister behoort onmiddellik uit haar ontslaan word en die vrou moet na haar land teruggestuur word. Ek dink ook sommer daar moet baie meer ondersoeke kom want ek glo hierdie is nie die eerste keer wat dit gebeur nie en dit gaan ook nie die laaste keer wees nie. As dit ‘n gewone burger van die land was wat so iets gedoen het was hy/sy lankal agter tralies. Dan nog die studiepermit en die feit dat die vrou in die minister se huis gewoon het (ek neem aan haar ampswoning) so ons belastingbetalers het vir nog ‘n mond gesorg!!!

Jan maak n Plan ·

Van hierdie sogenaamde “aanklag’ sal absoluut net mooi niks van kom nie. Die regering beheer mos die regstelsel of hoe?

vernon ·

Ja Masipa, wat soek jy nog buite? Wat soek daai persoon nog in ons land en dit op ons belasting betalers se geld?

Andre ·

Haar optrede is een van die redes waaroor ons op die drumpel van “Junk Status” is. Maar ons moet maar verlief neem met “ons” regering met beperkte IK!

jaycee ·

Hierdie vrou is tipies van die leierskorps in die ANC. Leuens, leuens, “bullsitters”, selfsug en gee nie ‘n duit om vir die swaarkry van die grootste deel van die bevolking nie. Dis ‘n uitgemaakte saak dat met hierdie kaliber leiers Afrikane nie verder sal vorder as die status van waterdraers nie – hier verwys ek na ‘n onderhoud deur ons minister van Internasionale Betrekkinge.

Reg en Geregtigheid ·

Ons hoor heeltyd van sake wat aanhangig gemaak word teen korrupte amperage, maar hoor nooit die uitslae nie? Word dit dan onder die mat ingevee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.