Aardbewing skud glo Johannesburg

Argieffotoa

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het verskeie berigte bevestig dat ʼn ligte aardbewing Dinsdagaand net voor 22:00 groot dele van die Wes-Rand in Johannesburg geskud het.

Inwoners van Johannesburg het hulle laat Dinsdagaand tot sosiale media gewend nadat dié aardskudding deur die stad beweeg het.

Die SAWD het nog nié die sterkte van die aardbewing bekend gemaak nie.

“Ek het amper van my bed afgeval toe die aarde begin skud in Johannesburg,” het Katlego Hendricks op Twitter laat hoor. “Ek was nog nooit so bang nie. Ek het ʼn harde slag gehoor en toe het die aarde vir etlike oomblikke geskud,” het Phiwe Simmy geskryf.

Sosialemediagebruikers het gesê selfs diegene wat nié naby aan myngebiede woon nie, kon die aardbewing se omvang glo voel. “Ek is nie naby aan die myngebied nie – dit het definitief soos ʼn aardbewing gevoel,” het Kananelo Sexwale gesê.

Verskeie sosialemediagebruikers het aangedui dat die aardbewing in Roodepoort gevoel kon word.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sophia ·

Presies dieselfde tyd ñ skudding in Virginia Vrystaat gehaf

JoeV ·

Roodepoort lê Wes- Noordwes van Johannesburg op die kaart? Berig sê Suid?

KP ·

uhm, Roodepoort is glad nie aan die suide van Jhb nie….. Dis kern van die wes rand

Mike Kaapstad ·

Mmmmmm al die onwettige myners skuif die grond rond…………..

Meraai ·

Duidelik het ek vas geslaap! niks gevoel nie……………..

Linda ·

Van wanneer af is Roodepoort in die Suide van Johannesburg?? Ek het daar grootgeword en dit was altyd nog die Wes Rand. Het die ANC nou die windrigtings ook verander?

Tania Heyns ·

Dagsê Linda

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.