Action SA se Abel Tau lei nou nuwe party

Abel Tau is leier van die nuwe United Africans Transformation. (Foto: Facebook)

Abel Tau, ʼn voormalige waarnemende burgemeester van Tshwane en uitgeskopte lid van ActionSA, gaan ʼn nuwe party lei.

Tau het die afgelope week die stigting van sy eie party, United Africans Transformation (UAT), bekend gemaak en sê die UAT beoog om reeds volgende jaar aan die nasionale verkiesing deel te neem.

“Ons is verskillend van enige ander party wat jy nog gesien het,” het hy vandeesweek gesê.

Tau beoog luidens berigte ook om sy skorsing uit ActionSA in die hof te betwis.

Dié voormalige Tshwane-burgemeesterskomiteelid is in November uit die party geskop weens bewerings van seksuele wangedrag en dat hy ActionSA se naam in oneer gebring het.

Hy verskyn binnekort ook in die hof in verband met hierdie aanklag.

“Ek het volle vertroue in my verdediging en glo daar is geen saak [van wangedrag] nie. Uiteraard benader ek die proses met die grootste respek en ook met respek vir werklike slagoffers van geslagsgebaseerde geweld,” het Tau gesê.

Hy sê die klag teen hom was ʼn poging om hom stil te maak.

Volgens Tau steun sowat twee miljoen mense die nuut gestigte UAT as geregistreerde lede of ondersteuners.

“Hulle het hul vertroue aan ons gegee.”

Tau was vroeër vandeesweek in die Tshwane-gebied waar die party skoolklere en kospakkies aan inwoners uitgedeel het. Hy sê die party hoop om op ‘n positiewe manier verligting aan Suid-Afrikaners te bring.

Die party het die afgelope week kospakkies aan behoeftige inwoners van die Tshwane-gebied versprei. (Foto: Facebook)

“In 2024, as jy in Gauteng, Limpopo, Noordwes, Mpumalanga of die Vrystaat is, het jy die geleentheid om vir ʼn party te stem wat vir jou kan werk,” het hy gesê.

Posted by Abel Kaiser Tau on Tuesday, January 17, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Delia ·

Ai Boet, handel maar eers jou seksklag af. Jy sé julle is anders as ander partye. Maar ek dink nie so nie, jy deel AL KLAAR KOSPAKKIES UIT.
ek hoop nie my belasting moet jou ook n paar rand BETAAL nie.

Koos 100 ·

Nou as jy jou eie party geskep het, hoekom jou skorsing uit Action SA betwis??? Hoe jy dalk ‘n agterdeur oop?? SA burgers begin moeg raak vir kospakkies. Hulle soek werk, krag, water, geen korupsie, behoorlike regeering met eerlike mense wat hulle mandaat moet uitvoer, en so kan ek aangaan. ‘n Pak mielimeel, pakkie soja en blikkie sardiens doen nie meer die ding nie. Kry jou kriminele klag agter jou rug en doen moet jy maar weer probeer.

Pieter9 ·

In Afrika is dit die ideale kandidaat – hy moet nou net byvoeg wat die kleur van die T-hemde en pette is dan sal die stemme kom.

Pierre ·

verdeelde stemme is beter as geen stem nie as daar 100 mense is wat kan stem en kom ons se 3 party bestaan en net 60 mense gaan stem, party 1 kry 30 stemme en die ander 2 elk 15 stemme dan wen party 1 met 50% stemme, as daar nou n 4de party bestaan en kry 10 nuwe stemme so 70 mense stem nou dan wen party 1 nou met 43%, dus nuwe party al is hulle klein kan n groot in pak maak op wen persentasies.

Koos 100 ·

Pierre, jy is reg, maar hier in SA wen nie een meer nie, en dan begin die sirkus met koalisies. Die partye baklei so ondermekaar vir posisies dat hulle vergeet hoe hulle daar gekom het en wat hulle moet doen daar.

Witbaard ·

Seker waar, maar koalisies het tog wel in baie plekke gekeer dat die korruptes weer regeer

mattk ·

Eishh….. nuut gestig en reeds sowat twee miljoen geregistreerde lede?? Anders as ander partye?? O ja, jy is anders, jy deel kospakkies uit in die dag en kry die media om dit te wys. Die ondersteuners se magies is nou vol en nadat hulle vir jou gestem het en waar jy ookal dan opeindig, is alles vergete, jy is op die soustrein en hulle moet verder swaarkry en ly deur, soos die huidige kader-ondersteuners, vergete langs die treinspoor te lê en vergaan. Jou doel is dan mos bereik.

annie ·

One man, one police-man, one man one party? Lekker land dié!

Papsak ·

HIER IS HOPELOOS TE VEEL PARTYE RAAK VAN PARTY ONTSLAE REGTIG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.