AfriForum-adjunkhoof dien klagte in ná doodsdreigemente

'n Skermskoot van @MsShaneSK se twiet.

‘n Skermskoot van @MsShaneSK se twiet.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, het strafregtelike klagtes by die polisie ingedien nadat hy op Twitter met die dood gedreig is.

Roets het oor die naweek op ʼn televisieprogram, The Big Debate, verskyn waar hy oor transformasie by universiteite gepraat het. Nadat die program gebeeldsaai is, het talle kykers hul mening oor die onderwerp op sosiale media gedeel.

’n Twitter-gebruiker met die profielnaam @MsShaneSK het getwiet: “This AfriForum guy. Off with his head.” Kort daarna het die Twitter-gebruiker @1BrownNative geantwoord: “He’s begging to be beheaded.”

Roets het Maandagoggend ʼn klag van aanhitsing tot geweld by die Wierdabrug-polisiestasie ingedien. “Kritiek is ʼn goeie ding en ons verwelkom altyd kritiek, maar dit is niks anders as ʼn aanhitsing tot moord hierdie nie,” het Roets gesê. “In ʼn land soos Suid-Afrika waar ons reeds ʼn buitengewoon hoë moordsyfer en uitsonderlik baie voorvalle van geweld en haatspraak het, kan ʼn mens dit nie net daar laat wanneer sosialemediagebruikers ander met die dood dreig nie. Mense moet besef as jy sulke goed op sosiale media kwytraak, sal daar gevolge wees.”

Volgens Roets is die twee Twitter-gebruikers se identiteit nie aan hom bekend nie, maar hy het skermskote van die twiets aan die polisie oorhandig. Hy het gesê hy sal die saak opvolg om te verseker dat dit nie net daar gelaat word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

Gaan my verstand te bowe dat hierdie mense kan sê, skryf en doen net wat hulle wil en hulle kom weg daarmee. Vir sy comrades is dit ‘n groot grap en is diè persoon ‘n hero.
Iets moet drasties in hierdie land gebeur………………….en bitter vining ook.

Lee ·

Ongelukkig in SA word daar slegs aan wittes iets gedoen as hulle sulke uitlatings maak. Ons word geteiken en kan verdomp niks daaraan doen nie. Wonder maar net wie is die grootste rassiste en hulle kom altyd daarmee weg!

Winston ·

Lee. Dis n wêreld wye verskynsel dat net die wit ras rassisties kan wees. In Afrika is dit normaal. Daar is nie n swart rassis nie. Dis hulle “reg” om te sê en doen wat hulle wil. Dissipline=rassisme. Maklik. Jy hou hulle net met mag onder beheer.

André ·

Ek stem nie saam nie Lee. Iets kan gedoen word. Hou aan om Afriforum te ondersteun! Hulle sal terug druk names ons. Saam met hulle sal hierdie jafels vas gevat word. Ons moet aanhou terug druk anders gaan almal oor ons probeer loop.

Né Pa ·

AfriForum, as A-politiese gemeenskapsforum-organisasie, is die enigste organisasie wat, dusver, die saak van die algemene publiek opneem en deur middel van die onafhanklike regbank sake op ‘n redelike en billike manier besleg. Indien die regbank vou voor die druk van die politici is hierdie land verlore. Tot dan, indien dit gebeur, moet ons, lede van die burgery, hierdie euwels bestry en ons plek in hierdie land opeis – dis ons reg !

Deon ·

Dit is presies oor sulke tipe kommentaar en aanhitsing op sosiale media, dat China besluit het om sosiale media in te perk. Ek wil nie klink asof ek vryheid van spraak wil temper nie, maar sulke tipe aanhitsing hoort nie op sosiale platforms nie.

neelsie ·

Die wreedheid van die mense is heeltemaal buite beheer. Om sulke aantygings te maak is die uiterste vorm rassime.
Waarom tree die Anc nie daadwerklik op teen sulkes nie.? Of pas dit hulle? Is hulle bang vir hul eie mense?
Openlike arrogant en moeilikheidmaker.

CHRISTA ·

ANC leiers, Winnie Mandela en Tony Yengeni het dan deur die strate geloop en verkondig: ONE SETTLER ONE BULLET en KILL THE BOER KILL THE FARMER!! Hulle volgelinge voer nou net hulle opdragte uit!

Theresa ·

Verspotte mense het niks beter om te doen nie. Blaas net moordgedagtes by TV-breingespoeldes aan. Foei.
Ernst – hou kop en hou moed. Afriforum doen uitstekende werk.

Evert Louw ·

Ek is redelik onlangs op News 24 en facebook gedreig met n halssnoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.