AfriForum weer in hof oor ou landsvlag

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting tydens vorige hofverrigtinge.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandeesweek verlof tot appèl bekom om die gelykheidshof se uitspraak rakende die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag as haatspraak in die appèlhof in Bloemfontein te beveg.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, beskryf dié stap as ’n positiewe wending vir vryheid van spraak. “AfriForum is sterk ten gunste van vryheid van spraak, maar glo terselfdertyd dat daadwerklike haatspraak beveg moet word. Die feit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag vir sommige mense aanstoot gee, is ingevolge die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet nie ’n geldige rede om dit tot haatspraak te verklaar nie,” verduidelik hy.

“Ons is bekommerd dat dit verreikende gevolge vir vryheid van spraak, een van die hoekstene van ’n demokratiese samelewing, kan hê as die vertoon van die vlag tot haatspraak verklaar word. Daarom sal ons hierdie saak tot in die hoogste hof beveg,” meen Roets.

Maroela Media het vroeër berig adjunkregterpresident Phineas Mojapelo het in sy uitspraak in Augustus verlede jaar gesê die ongegronde vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie. Mojapelo het bevind dat die swaai van die vlag verdelend en pynvol is. Hy het ook gesê die swaai van die vlag gaan verder as haatspraak, dit is teistering.

Volgens Roets is AfriForum van mening dat haatspraak plaasvind wanneer haat teen ’n groep mense gepropageer word op grond van hulle identiteit soos hul ras, etnisiteit, geslag of geloof én wanneer die uitspraak in hierdie verband gekombineer word met aanhitsing om daardie groep skade aan te doen.

AfriForum se standpunt oor die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag en die vraag of dit haatspraak is, kan volgens Roets soos volg opgesom word:

  • AfriForum gee erkenning aan die feit dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag aan ’n deel van die bevolking aanstoot gee. Dit is ook die rede waarom AfriForum nie die vlag vertoon nie. AfriForum is verbind tot die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe.
  • Die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag kan slegs op haatspraak neerkom indien dit gekombineer word met ’n boodskap wat mense op grond van hul ras of etnisiteit teiken en die boodskap ook ’n aanhitsing bevat om daardie groep skade aan te doen. In die afwesigheid van so ’n boodskap is die aanstoot wat die vlag kan gee, nie voldoende om dit ingevolge die Grondwet se bepalings tot haatspraak te verklaar nie.
  • AfriForum is sterk ten gunste van vryheid van spraak en glo terselfdertyd dat daadwerklike haatspraak beveg moet word.
  • AfriForum is van mening dat ’n verbanning van die vlag die teenoorgestelde effek sal hê as wat daarmee beoog word, naamlik dat dit die vlag meer gewild maak juis omdat die onderdrukking van vryheid van spraak ’n teenreaksie skep. Die publiek se reaksie op die gelykheidshof se uitspraak bevestig dit alreeds.
  • Om AfriForum se verdediging van vryheid van spraak in hierdie saak te vertolk as ’n poging om die skending van mense se waardigheid tydens apartheid te regverdig, is ’n moedswillige verdraaiing van AfriForum se standpunt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Burgermeester ·

As die ou landsvlag aanstoot gee tot sommige mense, dan wat van die uniforms wat die ANC se sogenaamde ‘vryheids-vegters’ dra tydens hulle byeenkomste? Dit gee my ook aanstoot, want dit is waarteen ek geveg het.

Jurg ·

Die vertoon van die nuwe vlag bring beelde van verdrukking en verguising van morele waardes vir my voor. Solank as wat daar blatante diskriminasie plaasvind en skeiding oor hulp pakket vir besighede is grens dit meer na haat spraak as die vertoon van die ou landsvlag

Danie ·

Die vlag wapper net. Dit is n stuk lap met kleure op vir party soos ek is dit n simbool van my vryheid vir ander is dit n simbool van hul gevangeskap hoe dit ookal is daai vlag maak niemand dood nie dit is die mens wat vol haat is wat doodmaak. As jy nou ook kyk dan kan jy duidelik sien wie haat vir vir wie. Die regering blaas die haat nog aan ook met hul houding teenoor blankes. Ek sal eerder onder die eff regering staan as onder die anc want Julius praat reguit hy is nie soos ons huidige president nie. Ons president weet nie wat hy doen of wil doen nie. Hy luister na al sy ministers en nie een praat dieselfde taal nie. Dus is hy verward.

Toy ·

Hier is belangriker dinge in ons land as om nou te kere te gaan oor die ou landsvlag. Dink aan moord, verkragting, honger, bedrog en die virus ens, ens.

amapinki ·

Dit gaan oor vryheid van spraak. Wil jy jou vryheid van spraak verloor? Ons sit alreeds tydens hierdie pandemie met ons vryheid van spraak wat ingeperk word.
“AfriForum gee erkenning aan die feit dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag aan ’n deel van die bevolking aanstoot gee. Dit is ook die rede waarom AfriForum nie die vlag vertoon nie. AfriForum is verbind tot die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe.”

Pompies55 ·

Wel die landsvlag van SA is beslis nie my vlag nie.Die vertoon daarvan teister my net só want dis afstootlik en walglik vir my.Almal hou nie van dieselfde goed in die lewe nie.Ek gun die people hulle vlag wat my walg,hkm mag ek nie my vlag vertoon nie?Eks trots op my ou vlag en ek sal hom vertoon

Pierre ·

Ek het NIE vir hierdie regering gestem nie, dus ook nie vir HULLE vlag nie. Is ‘n stuk geskiedenis dan nou haatspraak?

Jaco ·

afriforum moet nou NET konsentreer op die huidige krisis waarin sy lede en ons wit mense is. goed soos regstellende aksie, BEE, kospakkies ens ens
more oormore wen hulle dalk die saak oor die vlag, maar dan is KLOMP geld wat op baie meer noodsaaklike goed uitgegee kon word, alles op.

Flip ·

Die ou landsvlag skeel my min. Dit was onder daardie einste vlag wat frederik willem almal uitverkoop het. Daardie vlag het ook die union jack op wat herinder aan die engelse met hul konsentrasie kampe. Los net die vierkleur uit, dan is ek heel gemaklik.

Michael 1 ·

As ons n onafhanklike tuisland kry kan ons die vlag weer as nasionale vlag instel

Amatambo ·

Terwyl Rome brand, verkwis mense tyd met spekulasie oor waaruit die kleure van ‘n vlag moet bestaan. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie land op ‘n see sonder kaart of kompas vaar. Daar is geen strategie om oor werklike waardes te besluit nie; doelwitte te stel en daarna te werk nie. Nou sit ons met al die geraas wat mens se aandag van al die werklike probleme van hierdie land aftrek – diskriminasie, swak ekonomie, wetteloosheid, werkloosheid, swak onderwys, gebrek aan dienslewering, ens.
Al hierdie is as gevolg van die ANC wat geen kennis dra van hoe om ‘n land te lei en bestuur nie. Apartheid is bo-aan die lys van dialoog, instede van na die dinge te kyk wat ‘n werklike verskil in menselewens sal maak. Veelkleurige strooipoppe word opgestel en na geskiet om mense te verhoed om die ANC se mislukkings raak te sien. Dit is om van te ween.

Jack ·

Lap is wel lap maar die emosie wat gekoppel word aan die vlag sal vir sommige n gevoel van trots laat en vir ander afsku. Dit is hoe dit is. Almal hou nie van Ford nie maar laat die vrye keuse elkeen s’n wees. Onthou net dat almal van ons weet tog dat alles wat apartheid verteenwoordig moet vernietig word. Die wit Afrikaner is een van die laaste tekens van apartheid in die land en sal onder aanval bly vanaf diegene wat nie vrede wil he nie.

Ann ·

My opinie: daar is regtig niks fout met die ou landsvlag nie. Dis ongelukkig haatspraak van die ander kant af, wat nou na ons toe oorwaai, en sodoende enige iets as “haatspraak” of rassisme sien.
Ons word onderdruk. Nie hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.