Agt tydens verjaardagpartytjie in Oos-Kaap doodgeskiet

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Amirali Mirhashemian/Unsplash)

Agt mense is Sondag vroegaand tydens ’n verjaardagpartytjie by ’n huis in Gqeberha in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Drie ander word tans vir skietwonde in die hospitaal behandel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die eienaar van die huis tussen 17:15 en 17:30 besig was om sy verjaardag te vier toe twee onbekende gewapende mans die erf in KwaZakhele binnegekom en op gaste losgebrand het.

Drie vroue en vier mans is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar. Nog vier mense – twee vroue en twee mans – is ná die skietery hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Een van dié slagoffers het egter kort daarna in die hospitaal beswyk.

Naidu sê die eienaar van die huis is onder die oorledenes.

Geen inhegtenisnemings was teen Maandag vroegoggend al gemaak nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Bheki Cele, minister van polisie, genl. Fannie Masemola, nasionale polisiehoof, en ’n afvaardiging van verskeie kundiges in die polisie sal later vandag die toneel besoek.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, Oos-Kaapse polisiehoof, het op haar beurt die moorde as lafhartig en ’n blatante minagting van menselewens bestempel.

“Ons sal nie rus totdat ons uitvind wat gebeur het en wie verantwoordelik was vir hierdie gevoellose en koelbloedige aanval op hierdie niksvermoedende slagoffers nie,” het Mene in reaksie op die skietery gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jack ·

Ag ou Cele wil altyd opdaag op die misdaad toneel as dit reeds te laat is en die misdaad klaar gebeur het.Die probleem: Misdadigers is nie bang vir die polisie nie en maak net soos hulle wil. Oplossing: Dank Cele af en kry bevoegde onpartydige minister van polisie wat nie deur die ANC voorgeskryf word nie.Herform polisie en begin met keuring om van gemors ontslae te raak en hou net die bietjie wat kwalifiseer op meriete.Begin weer lede werf en herskryf die opleiding sodat die standaard van enige polisieman baie hoër is as wat dit nou is.

Hennie ·

Dis alles te dankie aan mense wat hul respek verloor het vir die regering en veral die vrotsige polisie mag.

Danie ·

Misdaad is buite beheer in SA en die tragedie is dat die regering sit en toekyk en toelaat dat alles in die grond gedryf word.Dit help nie ons lewer kommentaar en verwag reaksie van sulke gevalle.Daar moet opgestaan word teen die onbevoegde polisie war absoluut niks beteken vir n gemeenskap wat veronderstel is om hulle te vertrou.

Moeilikheid ·

ag nee wat julle kan maar gaan rus want julle sal nie die misdadigers op spoor nie. net nog n ou misdaad toneel wat onder die matte in gevee word.

Nie Verbaas ·

Weereens te danke aan ons ANC regering wat die stryd teen misdaad heeltemal verloor het. Kriminele het ook mos meer menseregte as wetsgehoorsame burgers.

Sean ·

Om wat te doen??? Wat wil jy daar maak ???? n verskoning om n paar dae vakansie te gaan hou op belasting betalers se geld???

Blikkies ·

Julle gaan vir baie lank wakker bly want niemand gaan gearesteer word nie.

Truman Burbank ·

Suid Afrika begin te lyk soos n Chicago op steroids

Mariana ·

Daars hy Cele op die toneel, nou sal als reg wees. Hoekom gee hy nie aandag aan alle moorde nie. Hy is nooit op toneel waar ou mense wreed vermoor is nie of plaasmoorde of plekke waar selfs kinders dood is nie. Hoekom net altyd opdaag vir sekere mense se moorde?

Wit Leeu ·

Bheki Cele, Fannie Masemola bly eerder in julle kantore en doen julle werk waarvoor julle betaal word.

Kerrie ·

Petrol uit-ry, Padkos vreet, oorslaap, weer padkos vreet, weer petrol uit-ry ….julle mors ons geld.

Dit nogal op almal in die polisie-stoet soontoe en terug…lyfwagte en vriende ingesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.