Agtjarige sterf toe voertuie bots

’n Agtjarige seun is Dinsdagoggend in ’n ongeluk op die hoek van Saxby- en Ruimteweg in Centurion dood. (Foto: ER24)

ʼn Agtjarige kind is Dinsdagoggend in ʼn ongeluk op die hoek van Saxbylaan en Ruimteweg in Centurion dood nadat hy tydens dié botsing uit ʼn voertuig geslinger is.

Nooddienste is ongeveer 07:15 na die toneel ontbied.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med, het ʼn bakkie met ʼn sportnutsvoertuig (SUV) gebots.

“Met [nooddienste se] aankoms op die toneel het die bakkie omgeslaan gelê.

’n Agtjarige seun is Dinsdagoggend in ’n ongeluk op die hoek van Saxby- en Ruimteweg in Centurion dood. (Foto: Maroela Media)

“By nadere ondersoek het ons gesien dat twee volwassenes en twee kinders matige beserings opgedoen het. ʼn Derde kind, ʼn agtjarige seuntjie, het enkele meters verder weg gelê aangesien hy tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is.”

Die kind het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel deur nooddienswerkers dood verklaar.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie.

Maroela Media sal meer inligting bekend maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

whatever ·

Sitplekgordels vir kinders ook baie belangrik. Simpatie aan die ouers

Perdeby ·

Simpatie aan die ouers, maar as die kind uit die bakkie geslinger is het hy nie ‘n veiligheidsgordel aan gehad nie.

Sandra ·

Altyd jammer om te lees van iemand wat in ‘n botsing sterf,. nou weet ons nie of die kind agter op die bakkie gesit het en of hulle in die motor was nie.

ES ·

En hoe gereeld sien ek ouers wie se kinders op die sitplek rondstaan in ‘n bewegende voertuig… ‘n Uiterse tragedie. Sterkte aan die ouers en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.