Ál minder polisiehonde in die WK

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Verskaf)

Die kapasiteit van die polisie se honde-eenheid in die Wes-Kaap het die afgelope paar jaar drasties verminder nadat dié eenheid se begroting met honderde duisende rande besnoei is.

Reagen Allen, minister van gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het onlangs in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die DA onthul dat die getal dienshonde in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie met byna 40 verminder het sedert die finansiële jaar 2018-’19. Die getal beskikbare dienshonde het gedurende hierdie tyd van 141 tot 103 in 2022-’23 gedaal.

Die hoofrede hiervoor is omdat die SAPD se begroting vir dié eenheid oor die afgelope vyf jaar besnoei is.

Volgens die SAPD is die begroting met 6%, oftewel R800 000, verminder wat hulle genoop het om kostebesparingsmaatreëls vir die eenheid in te stel.

Gillion Bosman, die DA se woordvoerder van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, is bitter bekommerd oor hierdie vermindering.

“Die honde-eenheid speel ʼn sleutelrol in die voorkoming, bekamping en ondersoek van misdaad. Die betrokke dienshonde het ʼn verskeidenheid van pligte, of dit nou is om springstof en verdowingsmiddels op te spoor of om aan soek- en reddingsoperasies deel te neem,” sê hy.

“Die nasionale regering het gekies om ons honde-eenhede sonder voldoende hulpbronne te laat – dit is nog ʼn bewys dat daar nie genoeg klem op ʼn volledige polisiediens geplaas word nie.”

Die honde-eenheid in Kaapstad het sedert 2018 met altesaam tien honde verminder, terwyl Langeberg, Tsitsikamma, Outeniekwa en Sentraal-Karoo elk vier minder honde in hul eenheid het.

Dit is hoeveel honde in die provinsie se honde-eenhede is:

Gebied2018-’192019-’202020-’212021-’222022-’23
Kaapstad3931332829
Boland1414161517
Weskus78667
Namakwaland88755
Breederivier1415131212
Overberg97766
Sentraal-Karoo76333
Outeniekwa119777
Tsitsikamma96645
Langeberg89534
Attaqua1513978
Totaal14112611296103

Bosman sê die provinsie se plaaslike regering het egter daarin geslaag om vier honde-eenhede binne die departement te stig, met ʼn vyfde eenheid wat eersdaags in Mosselbaai sal begin.

“Die vermenigvuldiging van ons magte dra by tot ons pogings om polisiëring meer doeltreffend en ons gemeenskappe veiliger te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Witbaard ·

Hoekom doen die DA nie iets daaraan nie. Dit help nie hulle vra vrae en staan bakhand by die regering nie. Tyd om hande uit sakke te haal en met inisiatiewe vorendag te kom. Of maak hulle weer staat op AfriForum om leiding te neem

Manie ·

Hulle stel meer belang daarin om met K-Way baadjies met City of Cape Town geborduurde logo’s op, op televisie te verskyn as oor enigiets anders.

Jacobus ·

Lees weer die berig mooi deur. Die plaaslike regering DIT IS DIE DA het daarin geslaag om 4 honde ekstra op te lei. Hulle dit is nou die WESKAAP SE PLAASLIKE REGERING OF DA, kan ook net soveel doen met beperkte hulpbronne. Dan word die Weskaap nog gesaboteur deur die ANC ook op elke vlak.

Witbaard ·

4 honde, wow. Lees weer my kommentaar. Moenie staatmaak op beperkte hulpbronne, maak n plan!!! Kry ander hulpbronne uit die privaat sektor

Oosieoos ·

Weereens Cele wat die begroting op rubbish vermors wanneer gaan hy ook uit sy kantoor gesmyt word

Boatsie ·

Kyk elke hond doen omtrent 10 polisiemanne se werk.
So nou kan.hul nog 400 onbevoegde aanstellings maak.

Hayntjie ·

Vir jare al word nagelaat om die SAPS na behore op te lei en na behore toe te rus. Terwyl misdaad groei en geweldige skade veroorsaak, word die SAPS se begrotings gesny. Die regering ondersteun indirek misdaad. My vraag is, waarom? Moontlik die keer staatskaping deur ʼn misdaad sindikaat of sindikate wat ons land regeer? Provinsiale polisiëring sal ook net in sekere provinsies werk waar provinsiale regerings met integriteit regeer. Gaan ons wag tot chaos, anargie en revolusie uitbreek voor die koppe van korruptes vinnig en regverdig waai?

Republikein in die Wes Kaap ·

Watter brak wil nou skollies rondjaag in die middel van die nag of dag? Los dit vir mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.