Amapiano-juffrou ‘verheug dat video land verenig’

Mrs. Bullock dans ten aanskoue van opgewonde leerders. (Foto: Skermgreep)

Mrs. Bullock, die blondekop-onderwyseres van Pretoria wat oornag ʼn dansende sensasie op sosiale media geword het, sê sy is “verheug” dat die video waarin sy op ʼn Amapiano-liedjie dans, Suid-Afrikaners verenig.

Die video, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, is deur ene Mihle, ʼn leerder aan die Pretoria High School for Girls, op TikTok gedeel met die byskrif: “Beste onderwyseres in die wêreld”.

Dié video is reeds sowat 27 000 keer deur TikTok-gebruikers wêreldwyd gedeel en sowat 7,7 miljoen keer gekyk.

Pretoria High School for Girls het aan Maroela Media bevestig dat Mrs. Bullock, soos sy bekend staan, wel ʼn onderwyseres aan dié skool is, maar dat sy nie tans beskikbaar is om met die media te gesels nie.

“Sy is egter verheug dat die video mense verenig op ʼn wyse wat liefde en aanvaarding vertoon, asook grense verskuif.”

Die dans het Vrydagoggend plaasgevind nadat vanjaar se matrikulante vir die laaste keer ʼn saalbyeenkoms as leerders van dié skool bygewoon het.

Mrs. Bullock se danspassies op die maat van Robot Boii se Amapiano-treffer “Salary salary”, het die leerders só in vervoering dat hulle om haar saamdrom en die dansery afneem. Een van die leerders dans ook saam met haar.

“Ons glo die video weerspieël ʼn positiewe verhouding tussen die onderwysers en leerders aan die skool.”

Kyk hier na die video:

@mihle.za

best teacher in the world????????????#fyp

♬ Salary Salary – Robot Boii & Mellow & Sleazy & Soul Revolver

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Vonkprop ·

Ek stem marisa. ‘n Malema-lose en ANC-lose land sal perfek wees.

PieterJ ·

Ongelukkig dink ek die vereniging gaan van korte duur wees. Dis soos die wêreldbeker rugby wat ook kastig die lank sou verenig, en die dans is nie naastenby in dieselfde klas nie.

Vrijburger ·

Personally, I find this cultural appropriation totally unacceptable.

isabelle ·

and they say ”white people can’t dance” haha ek het nooit sulke onderwysers geken op skool nie, ja daar was hier en daar n onderwyser met n grap of 5 maar hul was baie streng en professioneel…die sou n eerste vir my wees as ek n leerder was

Namgrl ·

Ek gaan heel moontlike alles nou uiverband uitruk, maar wil net graag die volgende tuisbring, uit ‘n nie Suid Afrikaner oogpunt. Mev Bullock (Juf Bullock) – met haar energieke dans moves – kan sy nie anders as om ons aan Sandra Bullock te laat dink nie. Hul albei klink na vele pret om by te wees. Ek is ‘n groot Sandra Bullock aanhanger, en Juff Bullock, sal my ook ‘n aanhanger kan maak. sy het die moves, sy het die smile, en sy lyk erg smart, sy lyk of sy vele pret kan he. Mens sal kan waardeer ook hoekom sy nie beskikbaar is om met die media te praat nie. Haar privaatheid moet haar gegun word. Wat ek eintlik wou se is, kom is kyk na die video, geniet dit vir wat dit is – ons vergelyk niks met die ANC of MAL(EMA) of enige iets anders nie. for now, live in the moment. Ek love Maroela Media stukkend.

Chris ·

As ons almal maar net kan saamstaan en die een groep die ander net wil respekteer sal ons land weer soos 40 jaar terug ñ modelland wees

Delia ·

Verseker Chris, ek het ook daai wens. En ek dink die grootste deel van die populasie ook

Nie Verbaas ·

Land verenig waar wittes vertrap word. Asseblief. Volgende grap?

Niklaas ·

Mense verenig ? Pragtige idee , maar ons voorsate was al in Voortrekker tye dwarstrekkerig en hardkoppig. Maar elke poging deesdae kan dalks net dinge laat verbeter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.