Amptelike opposisie: DA, EFF sê mekaar stryd aan

(Foto: DA/Twitter)

Ongeag hoe jy die som maak, die ANC se steun bly minder as 50%.

Die marknavorsingsfirma Ipsos se jongste peiling – waarin geregistreerde kiesers gevra is langs watter party hulle hul kruisies in die komende verkiesing gaan trek – toon dat die regerende party se steun tot ʼn louwarm 38% teruggesak het.

Die peiling toon egter dat die EFF marginaal beter as die DA vaar en hom moontlik as die “amptelike opposisie” kan posisioneer.

Ipsos sê hierdie resultate moet egter nie op sigwaarde geneem word nie, aangesien die syfers 10,1% (een uit elke tien) van die geregistreerde kiesers insluit wat hulle nie by ʼn bepaalde politieke party geskaar het nie.

Indien hierdie deelnemende kiesers se antwoorde weggelaat word, staan die ANC se steun op 40,5%  en is die DA terug as die amptelike opposisie met 20,5% van die steun.

Die EFF daag egter steeds hierdie posisie uit met 19,5% van die steun.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

Indien daar dieper gedelf word en na ʼn ander ontleding van hierdie resultate gekyk word, wil dit voorkom of die Veelpartyhandves in hierdie stadium sowat 33% van die stemme gaan lok.

Ipsos sê huidige data dui daarop dat die moontlikheid van ʼn koalisie op nasionale vlak moontlik is, hoewel nie gewaarborg nie. In die geval van so ʼn verkiesingsuitslag sal die ANC net ʼn party met sowat 4% tot 6% nasionale steun as koalisievennoot vereis om ʼn nasionale regering te vorm.

Die marknavorsingsfirma stel dit egter baie duidelik dat dit slegs spekulatief is en dat sy jongste peiling se resultate nié ’n verkiesingsvoorspelling is nie.

“Geloofwaardige verkiesingsvoorspellings kan slegs gemaak word in die finale stadiums wat tot die verkiesing lei. Verskeie faktore waaronder [verkiesings]veldtogdinamika, politieke en ekonomiese veranderinge sowel as die stand van noodsaaklike dienste soos elektrisiteit en watervoorsiening, kan die verkiesingsuitslag in die laaste maande beïnvloed.”

Ipsos sê kiesersopkoms op die dag van die verkiesing gaan ʼn deurslaggewende faktor in die verkiesing wees.

Verskeie ontledings dui egter daarop dat die verwagting van ʼn hoë kiesersopkoms dalk nie realisties is nie. Die verwagting word grootliks toegeskryf aan Suid-Afrikaners se wydverspreide moedeloosheid oor die land se situasie en lae vlakke van vertroue in politici en politieke partye.

Ipsos sê ʼn lae stempersentasie kan moontlik die ANC se steun naby die halfpad-kerf (50%) verhoog en dus die regerende party bevoordeel. “Hierdie scenario maak egter staat op veranderlike kiesersopkoms in metro- en landelike gebiede,” verduidelik Ipsos.

ʼn Hoër stempersentasie in landelike gebiede sal die ANC bevoordeel, gegewe sy oorwegend landelike steunbasis.

Volgens Ipsos se huidige modellering sal ʼn lae stempersentasie beteken dat 39% tot 41% van geregistreerde kiesers op die dag opdaag om te stem; ʼn medium kiesersopkoms sal beteken dat tussen 55% tot 57% van die geregistreerde kiesers stem; en ʼn hoë kiesersopkoms sal beteken dat tussen 69% tot 71% van geregistreerde kiesers hul kruisies trek.

Maroela Media het vroeër berig die kiesersrol staan tans op 27,4 miljoen.

Ipsos sê ʼn derde (35%) van Suid-Afrikaners wat tans geregistreer is om te stem dui aan dat daar tans geen politieke party is wat hul politieke sieninge en standpunte verteenwoordig nie.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Ipssos is besig om paniek te saai met hulle onakkurate waarnemings en meningspeile.Wat Ipsos nou kwyt raak kan nooit feitelik gestaaf word nie.

Johan ·

100% akkoord Casper. Eff as amptelike opposisie… daar kan sekerlik nie soveel onnosel stemmers wees nie…

Aai ·

Ek kan net lag die Anc en eff clown gaan saam in koalisie werk as nuwe regerende party.

Nommer 7 ·

Hierdie jaar is die ANC die mees kwesbaarste ooit. Jammer dat die DA, die sterkste oposissie, nie ‘n sterk leier het nie!

Elize ·

Dit sal op ‘n erger ramp afstuur as ooit te vore. Julle moet almal kry om te gaan stem!!

piet ·

ANC se steun groei sterk kort voor die verkiesing. EFF is die party wat die sterkste groei, kommerwekkend. Maar eintlik maak dit alles nie veel saak nie want die EFF is maar net eintlik die ANC se front-party, hulle sal vir seker saamstaan as dit moet.

electricmango ·

Ongetwyfeld sal die anc die eff onder hul vlerk neem om stemme te kry. Hulle gaan ook veroorsaak dat n burger oorlog uitbreek met hulle onbeholpendheid en absolute disrespek vir wet en orde. Vas onder die indruk dat hulle die witmense gaan uitmoor, persoonlik kan ek nie wag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.