Amptenaar help glo met herlei van departement se fondse

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

’n Assistentdirekteur van die departement van onderwys in Mpumalanga het Vrydag saam met twee medepligtiges in die landdroshof in Kabokweni verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê Johan Mandla Mathabela (62) word saam met Sibongile Linah Mathabela (40) en Gloria Mhlanga (54) daarvan beskuldig dat hulle die provinsiale departement uit honderde duisende rande bedrieg het.

’n Ondersoek deur die Valke het aan die lig gebring dat die Mathabelas (geen verwantskap nie) tussen 2015 en 2018 ongeveer R300 000 van die departement se fondse na die bankrekening van  die Valencia-dagsorgsentrum herlei het. Dié dagsorgsentrum behoort aan Sibongile.

Sibongile het daarna die geld met John, die amptenaar, gedeel.

Volgens Ramovha is die geld glo op verskillende datums deur ’n ander amptenaar in die rekeningafdeling van die departement oorgedra. Dié amptenaar, ’n staatsrekenmeester, is egter nog nie in hegtenis geneem vir haar beweerde aandeel nie, maar reëlings is getref dat sy Maandag in die hof verskyn.

Mhlanga word op haar beurt daarvan beskuldig dat sy met dieselfde staatsrekenmeester saamgespan het waarna R 272 000 na die Simunye-dagsorgsentrum herlei is – dié dagsorgsentrum word weer deur Mhlanga besit.

“Tydens die ondersoek is ook vasgestel dat nie een van hierdie dagsorgsentrums by die departement geregistreer is nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee nie met die klomp nie ongelukkig vir ons! Elke dag korrupsie en moord

Cecilia ·

Ja d Kaders kan maar net nie hulle hande uit d spreekwoordelike koekieblik hou nie. En om dagsorgsentrums as rookskerm vir hulle skelmstreke te gebruik is om v naar te word.
Ek hoop d departement sluit beide sentrums onmiddelik.

marius ·

As die koning ‘n skelm is , waarom sal die volgelinge eerbaar wees ?

Chris ·

In die. Bybel staan dit, “wee die land waar die slaaf koning geword het en die amptenare vroegdag reeds seëvier” . Salomo het dit hoeveel eeue gelede al voorspel :-). Dit is het einde nog niet.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Bedrog, bedrog, bedrog! Omtrent elke tweede berig is oor bedrog van een of ander aard. Teken van die tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.